Oudtshoorn Courant

Viering van vroue by Klassique

-

“Ter viering van die Vrouedagla­ngnaweek in Augustus, kan klassieke musieklief­hebbers by die 11de Klein Karoo Klassique musiek deur uitsonderl­ike vroue geniet.” So sê Hugo Theart, artistieke direkteur van dié fees van klassieke musiek, kuns, kos en wyn wat van Donderdag 8 tot Sondag 11 Augustus op Oudtshoorn aangebied word.

‘n Galakonser­t, ter viering van Vrouedag word op 10 Augustus aangebied. Die Kaapse-mezzosopra­an Minette du ToitPearce, TV-persoonlik­heid en Kunste Onbeperk Jong Stemvereer­de Lynelle Kenned en Janel Speelman, wat tot onlangs in die VSA gewoon en opgetree het, is hierin te sien, met klavierbeg­eleiding deur Philippus Hugo.

Klassique begin op 8 Augustus om 18:30 wanneer twee vroue in La Femme! – A Celebratio­n of Music and Dance kragte saamspan. Tanya Diamond (dans & choreograf­ie) en Nina FourieGouw­s (kitaar) kombineer die passie, geesdrif en intensitei­t van outentieke, kontemporê­re Flamenco-dans met die warm, komplekse, sensuele klanke van klassieke kitaar.

Diamond is ’n internasio­naal-bekroonde danser en choreograa­f en Gouws, ’n konsertkit­aarspeler en lektor aan die Stellenbos­chkonserva­torium.

In Trio du Cap Classique (Vrydag 9 Augustus om 10:30) kombineer die internasio­naal-bekroonde fluitspele­r Liesl Stoltz, werke vir fluit, tjello en klavier.. Bekende SuidAfrika­anse pianis François du Toit en Franse tjellis, David Pinoit sluit by haar aan.

Zanta Hofmeyr (viool) en Olive Sandilands (klavier) snoer hulle talent saam met Miro Chakaryan (viool) in die Fiësta-bekroonde Violin Dialogue, wat ook die beste klassieke musiekprod­uksie by Aardklop in 2018 was. Werke van Wieniawski, Sarasate, Leclair, Shostakovi­ch en Moszkowski word gehoor.

Violin Dialogue is Saterdag 10 Augustus om 10:30 te sien.

“Feesganger­s kan, danksy die ondersteun­ing van die Rupertmusi­ekstigting, met die Klassique Pakket teen slegs R950 al die uitvoering­s by die fees geniet teen ’n besparing van

R240,” sê Theart.

Die volledige feesprogra­m is beskikbaar by www.klassique. co.za en kaartjies kan by Computicke­t,

Shoprite/ Checkers, House & Home, of aanlyn by www. computicke­t. com gekoop word. Vir meer inligting, kontak Kunste Onbeperk se kantoor by 044 203 8600, of info@kunste.org. za.

 ??  ?? Zanta Hofmeyr
Zanta Hofmeyr
 ??  ?? Janel Speelman
Janel Speelman
 ?? Foto’s verskaf ?? Lynelle Kenned
Foto’s verskaf Lynelle Kenned

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa