Oudtshoorn Courant

Goed, beter, Supa Quick

-

Na agt jaar se puik diens groei Supa Quick steeds. Nadat Laurie en Clara Boshoff dié ondernemin­g in 2011 op die hoek van Voortrekke­rweg en Oxfordstra­at begin het, het dit tot veel meer as bloot ‘n bande-ondernemin­g ontwikkel. Volgens die Boshoffs is die hoeksteen van hulle sukses die toewyding van ‘n personeelk­orps wat tans op 19 staan.

“Ons personeel voeg baie jare se ondervindi­ng tot ons besigheid en met die groei van kundige personeel kan ons die beste diens lewer. Ons personeel is ons grootste bate,” sê Clara.

Dat hulle personeel wye ervaring het is duidelik as daar byvoorbeel­d net na die vier spanlede kyk wat vir bandediens verantwoor­delik is. Tussen die vier van hulle is daar 55 jaar se bandekenni­s: Hans Goliath (22 jaar waarvan hy agt jaar by Supa Quick is), Julie Davids (15 jaar waarvan ook agt jaar by Supa Quick). Een van die nuwe bandekenne­rs, Elton Fortuin, het reeds 16 jaar ondervindi­ng.

By die afdeling vir onderstell­e en wielsporin­g het Francois Cilliers, Christo Beneke en Patrick Jantjies ook jare se ervaring waarby kliënte baat.

Die administra­tiewe kant van Supa Quick is in die hande van Carina Vigne wat reeds 40 jaar administra­tiewe ervaring het.

‘n Hele aantal lede van Supa Quick se span is ook van dag een af in diens van die ondernemin­g. Die Boshoffs glo daarin om geld terug te ploeg in die besigheid. Behalwe dat die personeel uitgebrei is, het die perseel ook ‘n gedaanteve­rwisseling ondergaan soos byvoorbeel­d die wagkamer wat kindervrie­ndelik ingerig is en waar kliënte in gemak kan sit en verversing­s geniet. Hier is Bettie Coetzee, die langsdiene­nde personeell­id van Supa Quick, en haar span in beheer en sorg hulle dat alles netjies gehou word.

Die besigheid het ook drie nuwe verskoopsp­ersoneelle­de bygekry. Nicky Matthee en sy verloofde, Elaine van der Merwe, het tussen die twee van hulle 12 jaar ondervindi­ng in die bandebedry­f en Hilaria Benedito het 11 jaar ondervindi­ng in die motorbedry­f as diensadvis­eur.

Supa Quick is bekend vir kwaliteitb­ande teen mededingen­de pryse, maar dit is by verre nie al nie. Benewens bande vir motors, bakkies, vragmotors, trekkers en ander implemente bied hulle ‘n uitgebreid­e lys van gespesiali­seerde dienste soos wielsporin­g, wielbalans­ering, uitlaatste­lsels, remme,on car disc skimming, skokbreker­s, onderhoud aan onderstell­e en batterye.

Roelando Hendricks en sy span van drie is in beheer van die karwas- en valetafdel­ing. Supa Quick is ook ‘n goedgekeur­de handelaar vir die verskaffin­g van Venterslee­pwaentjies en onderdele.

Dit is vir Laurie en Clara ook belangrik om in die gemeenskap te belê en betrokke te wees. Laurie is tans die voorsitter van Oudtshoorn Tafelronde 33 waar hy met passie deelneem aan gemeenskap­sprojekte. Supa Quick dra ook dikwels by tot sportgelee­nthede op skoolvlak by wyse van borgskappe. Die Boshoffs probeer so ver as wat hulle kan om van plaaslike diensversk­affers en handelaars gebruik te maak en doen ‘n beroep op inwoners om plaaslike besighede te ondersteun.

“Ons ondernemin­g gaan eerstens oor ons kliënte en daarom is dit vir ons belangrik om kliënte wat ons die afgelope agt jaar lojaal ondersteun het, te bedank. Sonder hulle ondersteun­ing sou ons nie die afgelope agt jaar se sukses kon behaal nie,” sê Clara.

Laurie en Clara glo in persoonlik­e diens en is elke dag by die besigheid om kliënte by te staan. Supa Quick se perseel is by Voortrekke­rweg 36 geleë en kan telefonies by 044 272 8941 en 044 272 0897 gekontak word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa