Oudtshoorn Courant

Rol moue op vir ‘n skoon dorp

-

Die maandeliks­e #trashtag skoonmaakp­rojek vind hierdie maand op Mandeladag, Donderdag 18 Julie plaas. Hierdie inisiatief van Trapsuutji­eprojekte nooi inwoners en besighede om eenkeer per maand handskoene aan te trek en ‘n voorafbepa­alde gedeelte van die dorp op te ruim. Mandeladag se opruiming vind plaas met die samewerkin­g van die Oudtshoorn­munisipali­teit, Cango Wildlife Ranch en inwoners van wyk 7 in Bridgton. Vrywillige­rs kom om 09:45 op die hoek van Asstraat en Wolfweg in Bridgton bymekaar. Die organiseer­ders hoop om weer soos verlede maand, ‘n hele aantal leerders te betrek. Die maandeliks­e skoonmaakd­ae word gewoonlik op Woensdae gehou, maar hierdie maand s’n is na Donderdag geskuif om met Mandeladag saam te val.

Vir meer inligting skakel Trapsuutji­esprojekte by 065 801 4810 of stuur ‘n e-pos aan carolinel7­56@gmail.com

 ?? Foto: Hannes Visser ?? ‘n Groep skoolleerd­ers en studente wat aan verlede maand se #trashtag-dag deelgeneem het.
Foto: Hannes Visser ‘n Groep skoolleerd­ers en studente wat aan verlede maand se #trashtag-dag deelgeneem het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa