Oudtshoorn Courant

Boshoff en Marais wen Sakekamer-gholfdag

- WYNDHAM EWERTS

Lourie Boshoff en Mario Marais het Woensdag die Oudtshoorn­sakekamer se maandeliks­e gholfdag by Oudsthoorn-gholfbaan met ‘n teling van 47 punte gewen. Altesaam 57 spelers het op dié dag afgeslaan. William Phillipus en Andrè Plaatjies was in die tweede plek met 46 punte, gevolg deur Hannes Smal en Jurie Neethling wat met dieselfde aantal punte in die derde plek geeindig het.

Ockie Horowitch kon op die agste putjie daarin slaag om ‘n spogtwee aan te teken terwyl Andrè Plaatjies en Louis Fourie (jr) die naaste aan die pen geslaan het. ‘n Gesamentli­ke poging deur Die Biltongman en die Oudtshoorn-sakekamer was verantwoor­delik vir die pryse wat op die spel was.

 ?? Foto verskaf ?? Die o.16 Eden-netbalspan het onlangs eerste geëindig by die Interdistr­ik netbaltoer­nooi in Wellington. Drie leerders van Langenhove­n Gimnasium, Welmari Delport, Runé Venancio en Marsharie Fortuin, vorm deel van dié wenspan.
Foto verskaf Die o.16 Eden-netbalspan het onlangs eerste geëindig by die Interdistr­ik netbaltoer­nooi in Wellington. Drie leerders van Langenhove­n Gimnasium, Welmari Delport, Runé Venancio en Marsharie Fortuin, vorm deel van dié wenspan.
 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Van links is Paul Stroebel (klubkaptei­n), Lourie Boshoff wenner, Mario Marais wenner en Helen Butler (Oudtshoorn-sakekamer).
Foto: Wyndham Ewerts Van links is Paul Stroebel (klubkaptei­n), Lourie Boshoff wenner, Mario Marais wenner en Helen Butler (Oudtshoorn-sakekamer).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa