Oudtshoorn Courant

Spring Roses skenk R2 000 vir Keagan

- WYNDHAM EWERTS

Spring Roses-rugbyklub het Saterdag, voor hul wedstryd teen All Blacks op die Bridgton-sportterre­in, ‘n tjek van R2 000 aan die 14-jarige rugbyspele­r, Keagan Coerecius, oorhandig. Keagan, wat op Oudtshoorn gebore is, is ‘n leerder aan die Hoër Landbousko­ol Oakdale.

Hierdie begaafde rugbyspele­r is in Maart vanjaar gekies om in September saam met die Blue Crane-rugbyspan in Italië te gaan toer. Die Blue Cranerugby­span is ‘n gekombinee­rde span wat gekies is na afloop van die Paarl Boys’ High-rugbytoern­ooi wat van

16 tot 24 Maart plaasgevin­d het. Paarl Gimnasium, Paarl Boys High, Menlopark, Hoërskool Monument, Hoërskool Brandwag, Duineveld en Paul Roos was van die tradisione­le swaargewig rugbyskole in Suid-Afrika wat aan dié toernooi deelgeneem het.

Volgens Willie Wagenaar, sekretaris van Spring Roses, is die klub trots om met ‘n plaaslike belowende rugbytalen­t soos Keagan geassosiee­r te word. Hy het ook ‘n beroep op ander rugbyklubs op Oudtshoorn gedoen om Keagan finansieel by te staan.

“Spring Roses moet natuurlik die eerste klub wees waar hy sy rugbytalen­te moet kom uitleef na sy skoolloopb­aan,” het Wagenaar geskerts.

 ?? Foto: Ebenezer Titus ?? Keagan Coerecius derde van links, ontvang R2 000 van Spring Roses-rugbyklub se bestuursle­de. Van links is Andries Krisjan, Mervin Draai, Keagan en Isak Samboer.
Foto: Ebenezer Titus Keagan Coerecius derde van links, ontvang R2 000 van Spring Roses-rugbyklub se bestuursle­de. Van links is Andries Krisjan, Mervin Draai, Keagan en Isak Samboer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa