Oudtshoorn Courant

Collegians oorrompel Uniondale

-

Collegians se A-span het Saterdag in 'n SWD Presidenst­ligawedstr­yd op die Oudtshoorn-sportterre­in Uniondale oortuigend met 46-21 geklop. In die proses het dié span 'n allemintig­e sewe drieë gedruk. Teen rustyd het Collegians met 10-9 voorgeloop.

Dit was 'n wedstryd van twee helftes met Collegians wat in die eerste helfte lusteloos voorgekom het en by tye onnodige hanteerfou­te en verdedigin­gs blapse begaan het.

In die tweede helfte het Uniondale egter geen teenvoeter vir Collegians se aanvalle gehad en kon hulle ses drieë druk. Vier van hierdie drieë is deur die haastige vleuel, Danovan le Roux, gedruk.

Vir een van hierdie drieë moes hy bykans 70 meter nael.

Hy was ook na die wedstryd welverdien­d as speler van die wedstryd aangewys. Collegians se volgende wedstryd is 20 Julie teen Spring Roses op die Bridgtonsp­ortterrein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa