Oudtshoorn Courant

Sport against Crime-sportdag

- WYDNHAM EWERTS

‘n Suksesvoll­e Sport against Crime-sportdag is verlede Vrydag op Lategansvl­ei gehou.

Hierdie sportdag het in samewerkin­g met die Oudtshoorn­polisie en die plaaslike departemen­t van sosiale ontwikkeli­ng plaasgevin­d.

Altesaam 90 kinders van Volmoed en Lategansvl­ei het deelgeneem aan dié dag se sportaktiw­iteite wat vlugbal, sokker en landloop ingesluit het. Morkel Boshoff, adjudantof­fisier van die Oudtshoorn-polisiesta­sie, het in sy toespraak beklemtoon dat sport ‘n goeie manier is om betekenis aan kinders se lewe te gee.

Hy het ook die kinders aangemoedi­g om dwelms en geweld teen alle koste te vermy. Twee ere-gaste vanaf Duitsland (Berlyn), Reinhard en Sylvia Gasch, het die sportdag bygewoon.

 ?? Foto verskaf ?? Adjudant-offisier, Morkel Boshoff, saam met van die kinders wat deelgeneem het.
Foto verskaf Adjudant-offisier, Morkel Boshoff, saam met van die kinders wat deelgeneem het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa