Oudtshoorn Courant

Burger kook op ovaalbaan

- FRANCOIS GERMISHUYS

Die afgelope naweek is die SuidKaap se grootste ovaalbaanr­esies, die Richard Griessen Repairs Klein-Karookampi­oenskappe, vir die 28ste jaar op Oudtshoorn aangebied. Sowat 126 renmotors het in 13 klasse deelgeneem.

Burger van der Westhuizen, die jong jaer van Oudtshoorn, het almal se monde laat oophang met sy vertoning in die 1660-klas met sy geleende CMS Golf. Hy het tweede geëindig in die tweede uitdun, die derde uitdun gewen van heel agter, en die finaal skitterend in die laaste draai gewen. Hy is met ’n asemrowend­e vertoning by die voorloper, op daai stadium Tersius van Tonder, verby deur net ‘n sekonde later op die remme te klim. Van der Westhuizen het dan ook die Bestuurder van die Dagtoekenn­ing ontvang.

Die volledige berig, uitslae en nog foto’s is in vandag se Autodealer wat soos elke week binne die Oudtshoorn Courant is.

 ??  ?? Burger van der Westhuizen het die 1660-klas oorheers in sy geleende VW Golf.
Burger van der Westhuizen het die 1660-klas oorheers in sy geleende VW Golf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa