Oudtshoorn Courant

Twee sterf, een kritiek

- LIEZL VAN NIEKERK

Twee jongmense van Oudtshoorn het die afgelope naweek in ‘n ongeluk op die De Rust-pad gestref. Drie ander insittende­s is steeds in die George-hospitaal. Lees die volledige berig op bladsy

Die ongeluk van die afgelope naweek, waar twee jongmense hul lewens verloor het en drie ernstig beseer is, het die week skokgolwe deur die Oudtshoorn-gemeenskap gestuur.

Bertrum Michaels (22) en Jacques Jacklin (Boytjie) Prinsloo (26) is op slag dood toe die Golf waarin hulle was, net na middernag, Saterdagog­gend, ‘n betonversp­erring buite Oudtshoorn getref het. Chandré Nortjé (18), Xavier Arendse en Cassius Ewerts is in die botsing beseer en Nortje is tans in ‘n kritieke toestand in die George hospitaal.

Michaels se ma, Sarahline Michaels, sê haar seun se dood is onwerklik.

“Ons het nie eens geweet hulle het op Dysselsdor­p gaan kuier nie. Hulle sou by vriende om die draai van ons gekuier het. Saterdagog­gend het ons buurvrou agter ons gesê sy het gehoor van die ongeluk en dat daar van die kinders in die hospitaal is en twee dood is.”

Michaels sê haar seun was ‘n mense-mens wat altyd alles vir ander wou doen.

“Ek en hy was baie na aan mekaar en hy het presies geweet hoe om my hart sag te maak. Ek kon nie vir hom kwaad bly nie. As hy geld verdien het, het hy dit net so vir my gegee. Hy wou ‘n goeie werk kry sodat hy finansieel vir my kan help.”

Prinsloo se ma, Soes Moos, sê haar seun was ‘n rustige, stil seun.

“Hy het ‘n mooi gesindheid gehad en was almal se vriend. Hy was verdraagsa­am teenoor almal en was ‘n regtige staatmaker.”

Charlene Britz, die vrou by wie Prinsloo die laaste sewe maande gewoon het, sê hy was soos ‘n ouboet vir haar kinders.

“Hulle vat dit swaar. Dit is vir hulle moeilik om te begryp wat gebeur het. Dit was heerlik om hom in die huis te hê. Hy het gehelp waar hy kon en was altyd vriendelik en behulpsaam.”

Michaels word Saterdag om 10:00 uit die St. Simons Anglikaans­e kerk begrawe. Die diens by die huis in Disahof begin 09:00. Prinsloo word Saterdag 12:00 vanuit die Pinkster Protestant­e kerk in Rose Valley begrawe.

Arendse, Ewerts en Nortjé word steeds in die George-hospitaal vir hul beserings behandel.

Valencia Meyer, Nortjé se tannie, sê hy is steeds in ‘n kritieke toestand.

Nortjie was saam met twee van sy vriende op die agterste sitplek toe die ongeluk gebeur het. Hy moes deur nooddienst­e beamptes uit die wrak gesny word.

“Dit gaan glad nie goed met hom nie. Hy het ernstige inwendige beserings opgedoen en sy niere doen nie die werk wat hulle moet doen nie,” het sy Donderdago­ggend gesê.

Ewerts het ‘n heupfraktu­ur in die ongeluk opgedoen en sal in die hospitaal wees tot na die operasie.

Die Oudtshoorn Courant kon nie daarin slaag om met Arendse kontak te maak nie.

Kapt. Louis Visser, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie sê, ‘n klag van strafbare manslag word ondersoek.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Cassius Ewerts
Cassius Ewerts
 ??  ?? Jacklin (Boytjie) Prinsloo
Jacklin (Boytjie) Prinsloo
 ??  ?? Bertrum Michaels
Bertrum Michaels

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa