Oudtshoorn Courant

Vrou erg beseer na verkragtin­g

-

'n 33-jarige man het Woensdag op aanklag van verkragtin­g van sy saamleefma­at in die Oudtshoorn-landdrosho­f verskyn.

Die man se naam is aan die Oudtshoorn Courant bekend, maar kan nie genoem word voor hy gepleit het nie.

Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, het die voorval verlede Sondag op die plaas Welbedach gebeur.

Die slagoffer (46) se suster het aan die Oudtshoorn Courant gesê dat die familie geweldig ontsteld is oor die voorval.

"Hulle was vier jaar saam. Hy het haar al voorheen aangerand, maar sy het nooit polisie toe gegaan nie. Hy het haar glo Sondag in sy eie ouerhuis verkrag. Dit was wreedaardi­g. Hy het 'n stok agter in haar lyf in gedruk en haar verskeie kere op haar bo-bene met 'n skerp voorwerp gesteek. Sy is na George-hospitaal geneem en dra nou 'n sakkie omdat haar derms beskadig is."

Volgens die slagoffer se suster is sy steeds geweldig getraumati­seer deur die voorval.

"Sy het ons vertel wat gebeur het, maar mens kan sien sy is deur geweldig baie trauma. Sy is die ma van 'n 25-jarige seun. Wat ons die meeste ontstel is die feit dat dit in iemand se huis gebeur het, maar niemand het dit probeer keer nie."

Die saak is tot 11 November vir 'n borgtogaan­soek uitgestel. Verskeie lede van die gemeenskap het Woensdag 'n petisie met 400 handtekeni­nge aan die hof oorhandig waarin hulle vra dat die beskuldigd­e nie borgtog toegestaan word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa