Oudtshoorn Courant

Hekelwoord­e ryg pryse in

- HANNES VISSER

Om 'n boek self uit te gee en meer as 3 300 kopieë te verkoop getuig van harde werk, maar veral van kwaliteit. Dit is die geval met Tania Smit se boek, Hekelwoord­e van my hart, wat sy verlede jaar in September bekendgest­el het.

Die boek bevat 102 van haar rubrieke en gedigte wat sy op haar blog met dieselfde naam het. Illustrasi­es is deur Glendine, die bekende kunstenaar van De Rust.

Volgens Smit het sy aanvanklik uitgewers genader, maar 'n koue skouer gekry.

"Ek het toe besluit om 'n onafhankli­ke uitgewer wat selfpublik­asies van gehalte uitgee, te nader en ek is nie 'n dag spyt oor die besluit nie," het sy hierdie week met haar terugkeer van die Boekbedonn­erd-fees in Richmond gesê.

By die fees het sy twee Boekbedonn­erdpryse ingepalm.

"Ek was die naaswenner van die Boekbedonn­erd-prys vir die beste publikasie van 2019 sowel as die wenner van die mees inspirerne­de boek van 2019."

Volgens haar fokus die Boekbedonn­erdfees daarop om die kollig te plaas op onafhankli­ke skrywers en het jaarliks uitstekend­e sprekers op die program. Die toekenning­s is verlede Donderdag tydens 'n gala-aand in Richmond gemaak.

Oor die pad van selfpublik­asie sê Smit: "Ek vermoed enige skrywer wat gedwing is om self te publiseer omdat hulle manuskrip afgekeur is deur ‘n hoofstroom uitgewer, hunker maar altyd na een of ander vorm van erkenning - veral van die uitgewersb­edryf. Ek is bevoorreg dat ek ‘n gevestigde Facebook-blad het met baie mense wat my volg en gereeld waardering gee vir my skrywes, maar tog is daar ‘n monopolie in die uitgewersb­edryf ten opsigte van resensies, onderhoude, mediabloot­stelling, spesifieke feeste en publikasie­s wat hoofstroom uitgewers eksklusief vir hulself en hulle eie skrywers annekseer.

Dit is geweldig frustreren­d omdat onafhankli­ke skrywers nooit regtig die geleenthei­d kry om met hoofstroom­skrywers te kan meng of kompeteer nie.

Dit is vir my jammer, en ek is passievol om die hoofstroom uitgewers verkeerd te bewys – daar is baie uitstekend­e onafhankli­ke skrywers daar buite wat ook verdien om op dieselfde platforms te kan kompeteer en erkenning kry."

Die Boekbedonn­erd-fees is vanjaar vir die 12de keer aangebied en volgens Smit is dit vir haar die mees inspireren­de fees waaraan sy nog deelgeneem het.

Wat haar sentiment oor uitgewers aanbetref skuur sy skouers met bekendes soos onder andere die digter Clinton V du Plessis.

Hy het juis Woensdagaa­nd op die televisiep­rogram Ek wou nog sê, gesê hy het sy eerste digbundel in die 1980's deur Perskor uitgegee en sedertdien al sy ander bundels self uitgegee, juis omdat hy voel die groot uitgewers ag sommige skrywers en digters nie na waarde nie. Hy is ook sover bekend, die enigste digter wat geweier het dat André P Brink van sy gedigte in die nuwe Groot Verseboek opneem, juis as gevolg van die negatiewe kritiek wat hy destyds ontvang het. Hy meen dit is nie billik dat 'n gerekende skrywer jou eendag as minderwaar­dig ag en dan later as dit hom pas, van jou gedigte wil gebruik nie.

Smit se raad aan mense wat self wil publiseer is, "Sorg dat jy 'n goeie redakteur kry, sorg dat jou manuskrip goed taalkundig versorg is, betaal iemand vir 'n profession­ele uitleg en laat die drukwerk deur 'n gevestigde drukker gedoen word, en dan begin die harde werk. Dan moet jy op elke moontlike platform bemark."

Hekelwoord­e van my hart is beskikbaar by www.hekelwoord­e.co.za

 ?? Hekelwoord­e van my hart. Foto verskaf ?? Tania Smit, skrywer van die gewilde en inspireren­de
Hekelwoord­e van my hart. Foto verskaf Tania Smit, skrywer van die gewilde en inspireren­de

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa