Oudtshoorn Courant

Leesfees begin vandag

-

Die Prins Albert-leesfees begin amptelik vandag met 'n propvol program. Die gewilde fees duur tot Sondag.

Verskeie nuwe publikasie­s van bestaande en debuutskry­wers word bekendgest­el.

Die leesfees is weer by die Jans Rautenbach Schouwburg wat sentraal geleë is en daar is 15 verskillen­de gesprekke sowel as twee skryfslyps­kole en werksessie­s vir skoolleerd­ers. Die wenners van die leesfees se skryf- en digkompeti­sie word ook tydens die leesfees aangekondi­g. Die program is so beplan dat gesprekke nie oorvleuel nie en feesganger­s dus elke gesprek kan bywoon.

Die bekende fotograaf Louis Botha se nuutste glansboek N/a'an ku sê word bekendgest­el.

Ander hoogtepunt­e op die program is 'n gesprek van die digter Pieter Hugo met die bekende volksverte­ller, Dana Snyman.

Daar is ook 'n Afrikaanse gesprek tussen Pieter Hugo (Alchemie van my muse) en Hannes Visser (Die jaar toe pa...) en 'n Engelse gesprek oor digkuns tussen drie digters, Annette Snyckers (Remnants, Restante, Reste), Archie Swanson (the shores of years) en Helen Moffett (Prunings).

Zephany Nurse (Miché Solomon) en die skrywer van haar boek Zephany: Two mothers, one daughter, Joanne Jowell, gaan ook oor die boek gesels.

Ander skrywers wat van nader geleer ken kan word is Anzil Kulsen, 'n getroue deelnemer aan die fees, Sally Andrews met haar gewilde Tannie Maria-boeke, Fred Khumalo, Jan van Tonder, Melissa A Volker, Dawn Garisch, Olivia M Coetzee en Mike van Graan.

Die Schouwburg het beperkte aantal sitplekke dus is dit veiliger om vooraf te bespreek.

Vir kaartjiebe­sprekings gaan na princealbe­rtleesfees.org of skakel 023 541 1014.

 ??  ?? Die Jans Rautenbach Schouwburg waar die Prins Albert-leesfees hierdie naweek aangebied word.
Die Jans Rautenbach Schouwburg waar die Prins Albert-leesfees hierdie naweek aangebied word.
 ?? The Limpopo Foto’s: Hannes Visser
Death on ?? Sally Andrew, skrywer van die gewilde Tannie Marie-misdaadboe­ke se nuutste boek
word by die leesfees bekendgest­el.
The Limpopo Foto’s: Hannes Visser Death on Sally Andrew, skrywer van die gewilde Tannie Marie-misdaadboe­ke se nuutste boek word by die leesfees bekendgest­el.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa