Oudtshoorn Courant

EFF-lid bly MPAC-voorsitter

- GARNETT WICOMB

‘n Voorstel van Icosa en Sarco, dat die voorsitter van MPAC (Municipal Public Accounts Committee), rdl. Diswayne Maarman (EFF) vervang word is Dinsdag tydens ‘n spesiale raadsverga­dering van die Oudtshoorn-munisipali­teit met dertien stemme teenoor agt verslaan. Die hoofswepe van Icosa en Sarco, Vlancio Donson en Jevan Juthe, vra die raad in ‘n skrywe dat Maarman nie verder as lid van MPAC dien nie omdat hulle nie tevrede is met sy werk nie. Volgens hulle het Maarman nog geensins met Icosa of Sarco gekonsulte­er met betrekking tot enige item of insette rakende MPAC vergaderin­gs sedert hy daarop dien nie.

Hulle skryf verder dat hulle alle vertroue in hom verloor het en versoek die raad om rdl. Gavin Juthe aan te wys om die kleiner partye in die raad te verteenwoo­rdig en met onmiddelli­ke effek as lid van die komitee aan te stel.

Die burgemeest­er, rdl. Colan Sylvester, het egter ‘n teenvoorst­el ingedien waarin hy vra dat Maarman as voorsitter behou word, wat met dertien stemme teenoor agt aanvaar is.

Donson en Juthe het die speaker hierna gevra dat hul teenstemme aangeteken moet word.

Die MPAC bestaan uit vyf lede wat ‘n oorsigrol het in die finansies van die munisipali­teit. Sou die raad byvoorbeel­d onduidelik­heid het oor spesifieke uitgawes, word IMPAC gevra om dit te ondersoek en terugvoeri­ng te gee. Daar is vyf raadslede op IMPAC wat bestaan uit verteenwoo­rdigers van die

DA (3), ANC (1) en kleiner partye (1). Daar is ook tydens die raadsverga­dering eenparig besluit om alle vakante poste in die onderskeie direktorat­e van die munisipali­teit te vul.

Die besluit om nou die vakante poste te vul volg nadat die burgemeest­erskomitee, hoofswepe van al die politieke partye en senior bestuur daaroor besin het.

Volgens die verslag het die onderskeie direkteure voorleggin­gs ten opsigte van die vul van kritieke vakante poste gemaak. Die onderburge­meester, Noluthando Mwati, het die voorstel ingedien wat deur rdl. Jerome Lambadjeen gesekondee­r is. Mwati het beklemtoon dat die vul van die poste nie enige bykomende uitgawes vir die raad sal meebring nie omdat reeds daarvoor begroot is. Volgens die verslag is daar tans agtien vakante poste wat gevul moet word.

In die aanbevelin­g word dit ook duidelik gestel dat werknemers in die poel voorkeur kry sowel as voormalige werknemers met arbeidsake teen die munisipali­teit.

Die vakatures as hoof van tegniese dienste en hoof van finansies ook bespreek. Die twee poste het vakant geraak toe Chris Koch en Felix Lötter verlede maand bedank het. Volgens verskeie bronne het hulle bedank uit radelooshe­id uit met die politieke struweling­e in die raad wat hulle in die uitvoering van hulle pligte gekortwiek het. Die vakatures is in komitee bespreek en daar is onder ander beraadslaa­g oor waarnemend­e persone en riglyne vir die aanstellin­g van kundige persone. Die poste word tans geadvertee­r.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Raadslede Vlancio Donson (links), Jevan Juthe (met rug na kamera) en Diswayne Maarman heel regs tydens ‘n raadsverga­dering in Mei.
Foto: Hannes Visser Raadslede Vlancio Donson (links), Jevan Juthe (met rug na kamera) en Diswayne Maarman heel regs tydens ‘n raadsverga­dering in Mei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa