Oudtshoorn Courant

Amptenare praat met inwoners

- LIEZL VAN NIEKERK

‘n Groep inwoners van drie informele nedersetti­ngs in Oudtshoorn het verlede Vrydag ‘n wettige, vreedsame optog na die munisipale depot in Dassieweg gehad om

‘n memorandum aan munisipale amptenare te oorhandig.

Die inwoners van GG-kamp, Kanale en Black Joint eis behuising en werksgelee­nthede. Hulle het ook gevra dat daar meer aandag aan die skoonmaak van die informele nedersetti­ngs gegee word. Shehaam Sims (direkteur van behuising), Thomas Matthee (direkteur van gemeenskap­sdienste), Reginald Smit (direkteur van koöperatie­we dienste) en Allen Paulse (munisipale bestuurder) het die inwoners toegespree­k.

Volgens Sims was sy Donderdaga­and met

Asla in gesprek oor ‘n behuisings­projek in

GG-kamp. Sy het gesê dat sy die planne en ander bespreking­s met Asla moet finaliseer en hoop om op 5 November die voorstelle van Asla na die inwoners te bring sodat sy dit met hulle kan bespreek. Volgens haar behoort hulle vir ongeveer 400 mense huise te kan gee.

Paulse het gesê dat daar ook bespreking­s is oor werksgelee­nthede vir inwoners, maar dat daar slegs 49 mense per kwartaal aan so ‘n projek kan werk.

Volgens hom is die daar nog niks gefinalise­er nie en weet hy ook nie wanneer die projek gaan begin nie. Matthee het gesê dat die projek die skoonmaak van woonbuurte insluit.

Mlandeli Nyuka, die sameroeper van die optog, het gesê hy beskou die geleenthei­d van vandag as geslaag. “Ons kon antwoorde by amptenare kry waarvoor ons baie dankbaar is. Ek is veral trots op die feit dat ons in ons doel geslaag het sonder enige geweld en bande wat gebrand is.”

 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk ?? Inwoners van die informele nedersetti­ngs op pad na die munisipale depot.
Foto’s: Liezl van Niekerk Inwoners van die informele nedersetti­ngs op pad na die munisipale depot.
 ??  ?? Van links is Allen Paulse (munisipale bestuurder), Shehaam Sims (direkteur van behuising) en Thomas Matthee (direkteur van gemeenskap­sdienste).
Van links is Allen Paulse (munisipale bestuurder), Shehaam Sims (direkteur van behuising) en Thomas Matthee (direkteur van gemeenskap­sdienste).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa