Oudtshoorn Courant

Goeie bemarkings­maand vir toerisme

- LIEZL VAN NIEKERK

Oktober was ‘n suksesvoll­e bemarkings­maand vir die Oudtshoorn­en De Rust-toerismebu­ro. Hulle het die streek by drie verskillen­de toerismeaa­ngeleenthe­de bemark.

Lede van die Kango-grotte, Oudtshoorn­en De Rust-toerismeka­ntoor en Cango Wildlife Ranch het die streek en die produkte by die Gauteng GetaWay Show in Johannesbu­rg aan die publiek bemark.

Volgens Tammy Moult, die nuwe voorsitter van die buro, is die twee grootste doelwitte van die buro om sterk verhouding­e in die toerismebe­dryf te bou en om elke geleenthei­d wat in hulle rigting kom aan te gryp.

“Daarom is geleenthed­e soos die GetaWay Show so belangrik. Ons internasio­nale mark is op ‘n afwaartse kurwe en daarom is dit belangrik om van plaaslike geleenthed­e soos dié gebruik te maak om verbruiker­s in te lig van wat in ons omgewing aangaan. Ons is geseën om in ‘n land te woon waar reisavontu­re oral in ons land beskikbaar is, en ons wil hê Oudtshoorn en die Tuinroete moet op almal se lippe wees.”

Volgens haar is dit egter steeds belangrik om die buitelands­e mark ook te bereik en het hulle ook aan twee werksessie­s deelgeneem waar hulle die geleenthei­d gehad het om die streek aan verskeie toeroperat­eurs te bemark.

Die SATSA (South African Tourism Services Associatio­n - Garden Route Chapter) MegaFam 2019 is in George gehou en die SAT (South African Tourism) Speed Marketing Workshop in Tsitsikamm­a.

“By werksessie­s word die streek aan hoogsaange­skrewe toeroperat­eurs, wat reeds besigheid in Suid-Afrika doen of nog beplan om te doen, bemark. Hier is die bou van verhouding­s van kardinale belang. Die terugvoer van ons dorp by alle platvorms is baie positief, veral by kliënte wat al in ons streek gekuier het. Volgens die agente is veral ons gasvryheid noemenswaa­rdig.”

Moult sê die buro werk hard aan bemarking vir die Desemberva­kansie wat voorlê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa