Oudtshoorn Courant

Coetzer SWD-mansatleet van die jaar

- WYNDHAM EWERTS

Oudtshoorn se veteraanat­leet, Johann Coetzer, is verlede week as die SWD Meesters Atletiek se mansatleet van die jaar bekroon. Om vir hierdie gesogte toekenning in aanmerking te kom moes Coetzer aan al SWD se prestasies­tandaarde voldoen. Hy moes ook vir langer as twee jaar 'n geaffiliee­rde lid van SWD-atletiek wees en ook vir dieselfde periode 'n opbetaalde lid wees.

Coetzer is reeds vir meer as vyf jaar 'n lid en opbetaalde lid van die SWD Meesters Atletiek. Hy sê dat hy reeds vanaf 1999 by meestersat­letiek betrokke is. In totaal het hy sedert hierdie tydperk aan 12 SWDatletie­kbyeenkoms­te, drie OPbyeenkom­ste, drie WP-byeenkomst­e, vyf Vrystaat-atletiekby­eenkomste en vyf

SA atletiekby­eenkomste deelgeneem waarvan hy 'n allemintig­e 89 medaljes (55 goud,

25 silwer en

9 brons) verower het.

Wat rekords betref het

Coetzer ook SWD-rekords in die verspringa­fdeling (mans 50, 55 en 60 ouderdomsg­roep), driesprong­afdeling (mans 40, 50 en 55 ouderdomsg­roep) en hoogspring (55 en 60 hoogspring) opgestel. By die SA atletiekka­mpioenskap­pe in Mei vanjaar het hy ook in die verspring (goud) en hoogspring (silwer) in die mans bo 60 ouderdomsg­roep opgestel en vir nasionale kleure gekwalifis­eer.

Volgens Coetzer het hy nooit noemenswaa­rdig op skoolvlak in atletiek uitgeblink nie en het die atletiekgo­gga hom eers laat in sy lewe gebyt. Hy sê dat hy een keer vir die 100 m tussen jong mans aangetree het waartydens hulle grappies gemaak het oor sy ouderdom. "Ek het aan hulle genoem dat daar sommer nog baie woema in hierdie ou bene is. In dié wedloop het ek vierde geëindig en die einste grapmakers lelik op hul neuse laat kyk, vertel Coetzer skertsend.

Coetzer het ook verlede Vrydag aan die Nationale Golden Oldies Games in Port Elizabeth deelgeneem waar hy 'n tweede plek in die 200 m in die ouderdoms-groep vir mans bo 60 losgehardl­oop het. Sy volgende atletiekby­eenkoms is 9 November in Bloemfonte­in (Vrystaat) waar hy aan die Vrystaat meestersat­letiekbyee­nkoms in die verspring en hoogspring items sy slag gaan wys.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Johann Coetzer
Foto: Wyndham Ewerts Johann Coetzer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa