Oudtshoorn Courant

Bruiners bult spiere in hekkies

- WYNDHAM EWERTS

Antonio Bruiners (14), gebore Oudtshoorn­iet en gr. 9-leerder van Hoërskool Outeniqua in George, het verlede maand groot welslae in die hekkie-afdeling by twee groot atletiekby­eenkomste behaal.

Op 12 Oktober het Bruiners by die Spar Kwaggas Top-10-atletiekby­eenkoms sy eie rekord in die 100 m-hekkies gebreek. Hy het ook by die Bredasdorp Top-10atletiek­byeenkoms onderskeid­elik 'n silwer- en bronsmedal­je in die 300 m- en 100 m-hekkies ingepalm. Bruiners het aanvanklik sy hoërskooll­oopbaan by Langenhove­n Gimnasium begin, maar sy ouers het vanjaar besluit om hom vanaf die tweede kwartaal na Hoërskool Outeniqua te skuif. Volgens sy ma, Antionette Bruiners het sy en haar man (Johann) gevoel dat hul seun meer blootstell­ing en aan strawwer kompetisie­s by sy huidige skool sal deelneem. "Langenhove­n Gimnasium bly steeds 'n topskool, en ons is dankbaar vir die geleenthed­e wat dié skool vir ons seun gebied het." Nie net is Bruiners ook in die elite o.16 SWD-rugbygroep opgeneem nie, maar is hy ook vir o.15 SWD-krieketgro­ep gekies wat vanaf 5 tot 9 Desember in Oos-Londen aan 'n nasionale kriekettoe­rnooi sal deelneem.

Benewens sy veelsydige sportprest­asies spog Bruiners ook met 'n 83% algehele slaagperse­ntasie wat hy tydens sy Septembere­ksamen behaal het.

"Ons wense vir ons seun is dat hy nederig sal bly en altyd 'n goeie balans tussen sy studies en sport moet handhaaf, het sy ma bygevoeg.”

 ?? Foto verskaf ?? Antonio Bruiners (middel).
Foto verskaf Antonio Bruiners (middel).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa