Oudtshoorn Courant

Tweede gewapende roof in drie maande

- LIEZL VAN NIEKERK

Nog niemand is in verband met Maandag se gewapende roof by Market Fisheries in Victoriast­raat in hegtenis geneem nie.

Ses mans het Maandag met vuurwapens die winkel binnegegaa­n, die personeel op die grond laat lê en geld geëis. Hulle het ook 'n klant, wat by die winkel ingestap het, van sy kontant en selfoon beroof.

Dié voorval is slegs drie maande na die bekende sakeman, Jaco Vorster, voor sy besigheid, Camp Road House in Van der Rietstraat, ook met 'n wapen beroof is. Vorster was op pad om geld te bank toe 'n onbekende man 'n wapen teen sy kop gedruk het en hom uit sy motor gepluk het. Die rowers het met sy motor en kontant gevlug. Sy motor is egter 'n paar uur na die voorval in 'n straat naby die winkel gevind. Met die aankoms van die Oudtshoorn

Courant Maandag by Market Fisheries was polisiebea­mptes reeds op die toneel.

Volgens 'n persoon met wie die koerant op die toneel gepraat het, was daar twee motors, een op die hoek van Hoog- en Victoriast­raat en die ander regs van die winkel in Victoriast­raat geparkeer. Die winkel is glo soos normaal oopgemaak en besigheid het aangegaan.

"Die mans het ingekom en 'n wapen teen een van ons manlike personeell­ede se kop gedruk. Hulle het ons plat op die grond laat lê en geld gevra. Hulle het met die geld en 'n selfoon gevlug. Dit het gevoel soos ure wat ons daar binne op die grond gelê het. 'n Klant het tydens die roof ingestap en ek het vir hom gesê dat die mans besig is met 'n roof en dat hy net sy hande in die lug moet steek en maak soos hulle sê. Die rowers het ook sy geld en selfoon gesteel. Na die voorval het ons gesien dat die blik waarin die lugtyd was buite gelê het en een van die ander personeell­ede se selfone het hulle ook buite neergegooi."

Inligting dui daarop dat die vermeende rowers met 'n wit Audi A4 gevlug het.

Die voertuig is 'n ruk later op Mosselbaai gesien waar die polisie hulle tot in die Aslawoonbu­urt gejaag het, maar hulle het die voertuig verloor.

Paul Marques, die eienaar van Market Fisheries, het aan die Oudtshoorn Courant gesê dat dit definitief 'n beplande roof was.

"Hulle het presies geweet waar al die ingange was en het al die deure ge-cover. Hulle het ook ons opset geken en geweet wanneer ons gaan oopmaak."

Marques sê hy is oortuig daarvan dat dit plaaslike mense moet wees.

"Dis definitief Suid-Afrikaners want hulle het Afrikaans gepraat. Besigheids­eienaars en mense wat werk vir besighede moet te alle tye wakker wees. Kyk vir verdagte voertuie en mense wat hulle nie ken nie. Mens sien dit vinnig, maar jy snap net nie dadelik dat dit dalk tot 'n misdaad kan lei nie. Ek dink ook alle besighede moet bymekaar kom en idees oor veiligheid deel, want almal kan bymekaar leer en almal kyk anders na 'n situasie."

Volgens Marques is geen van sy personeel in die voorval beseer nie, maar is daar van hulle wat Maandag huis toe gegaan het om van die skok te herstel.

"Die trauma was groot en sommiges sal berading kry."

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Polisiebea­mptes op die toneel by Market Fisheries.
Foto: Liezl van Niekerk Polisiebea­mptes op die toneel by Market Fisheries.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa