Oudtshoorn Courant

Toeriste aan verkeerde kant van pad

- HANNES VISSER

‘n Man van Dysselsdor­p, Fernando van Staden, is Woensdagog­gend beseer toe die Volkswagen Caddy-bakkie wat hy bestuur het, naby Surval deur ‘n aankomende voertuig getref is. ‘n Gehuurde Mitsubishi wat deur ‘n vrou van Duitsland bestuur is, het by Surval se ingang uitgekom en bykans 300 m aan die verkeerde kant van die pad gery. Haar vriend en ‘n seuntjie van ongeveer drie was ook in die voertuig. Fernando en sy broer Melvin was in twee bakkies in die rigting van die grotte onderweg. Melvin het voor gery en het sy ligte geflikker om vir die bestuurder van die Mitsubishi te wys sy is aan die verkeerde kant van die pad.

“Ek het besef sy ry nie stadiger nie en ek het links van die pad afgery om haar te mis, maar ek het in my spieëltjie gesien hoe tref sy my broer se bakkie wat agter my was.”

Volgens Melvin het hy gestop en teruggehar­dloop na die toneel en sy broer op die padoppervl­ak sien lê. Die linkervoor­kant van die bakkie was totaal verwoes. Die Duitse paartjie en die peuter het geen beserings opgedoen nie, maar was erg geskok.

Frikkie van Staden, die pa van Fernando en Melvin was minute na die botsing op die toneel en hy het gevrees dat Fernando ernstig beseer was. Volgens hom sou nog ‘n persoon saam met Fernando gery het om hooibale in Matjiesriv­ier te gaan laai. Hy het gesê dit is ‘n bestiering dat die persoon toe nie saamgery het nie, want hy sou waarskynli­k in die botsing gesterf het aangesien die passasiers­kant van die kajuit heeltemal tot teen die bak vasgedruk was.

Frikkie het gisterogge­nd laat weet dat Fernando uiters gelukkig was en geen frakture of ernstige beserings opgedoen het nie. “Hy is vanoggend (Donderdag) uit die hospitaal ontslaan. Hy is tydelik in ‘n rolstoel, want sy bene is ernstig gekneus, maar ons dank die Vader dat hy sonder ernstige beserings uit daardie wrak gekom het.”

Die Van Staden-familie se kommer is nou om ‘n manier te kry om voer vir hulle diere in Dysselsdor­p aan te ry aangesien die Volkswagen Caddy hulle enigste bakkie was.

 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? Die wrak van die Volkswagen Caddy.
Foto’s: Hannes Visser Die wrak van die Volkswagen Caddy.
 ??  ?? Die beseerde Fernando van Staden word na die ambulans geneem. Hy is met die slag van die botsing uit sy bakkie geslinger.
Die beseerde Fernando van Staden word na die ambulans geneem. Hy is met die slag van die botsing uit sy bakkie geslinger.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa