Oudtshoorn Courant

DA lê klagtes teen uitvoerend­e burgemeest­er

- HANNES VISSER

Die aard van die klagstaat wat verlede Vrydag deur die DA se federale uitvoerend­e raad aan Colan Sylvester, die burgemeest­er van Oudtshoorn, voorgelê is, is nie amptelik aan die media voorsien nie, maar daar is verskeie verwysings daarna op sosiale media.

Op die openbare blad, Openbaarma­king in Oudtshoorn, is ‘n plasing waarin gesê word daar is 11 klagtes en “die meeste van die klagtes is gegrond op die slegte verhouding tussen hom (Sylvester) en die munisipale bestuurder, Allen Paulse”.

Volgens die plasing begin Sylvester se verhoor op 20 November.

Die Oudtshoorn Courant se navraag aan die DA is na Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, verwys. Sy het die volgende reaksie gestuur, maar nie op spesifieke vrae oor die aard en inhoud van die klagtes gereageer nie.

“We have furnished the mayor with a notice of a disciplina­ry hearing, as the Democratic Alliance takes all allegation­s of misconduct seriously, and we hold all our office bearers accountabl­e.

We further respect the principles of natural justice and also ensure that our panel set up by our independen­t Federal Legal Commission hears out the mayor’s version of events, impartiall­y, before this independen­t panel comes to a judgement. Our disciplina­ry processes are divorced from our internal politics and are as objective as possible.”

Die klagtes volg nadat die burgemeest­er sowat twee maande gelede deur die DA se federale raad gedwing is om ses weke verlof te neem terwyl hulle klagtes teen hom ondersoek.

Die onmin tussen die burgemeest­er en sommige raadslede aan die een kant en die munisipale bestuurder en raadslede wat hulle by hom skaar, was ook die onderwerp van ‘n gesprek wat Anton Bredell, minister van plaaslike regering verlede maand met belanghebb­endes in die dorp gevoer het.

Tydens daardie vergaderin­g het Bredell gesê as minister kan hy nie toelaat dat politieke- en persoonlik­e agendas Oudtshoorn weereens in die moeilikhei­d dompel nie en dat hy iets daadwerkli­ks gaan doen om dit te verhoed.

Hy het egter nog nie aangedui presies watter stappe gevolg gaan word om in te gryp nie. Intussen is daar groot verdeeldhe­id onder inwoners van Oudtshoorn ten opsigte van lojaliteit teenoor die burgemeest­er.

Een groep is van mening dat hy die oorsaak is van die huidige wankelrige situasie in die dorp se bestuur en die bedanking van twee senior amptenare, terwyl ander weer glo hy is die slagoffer van ‘n smeerveldt­og deur die DA.

 ??  ?? Allen Paulse, munisipale bestuurder (links) en Oudtshoorn se uitvoerend­e burgemeest­er, Colan Sylvester. Foto: Hannes Visser.
Allen Paulse, munisipale bestuurder (links) en Oudtshoorn se uitvoerend­e burgemeest­er, Colan Sylvester. Foto: Hannes Visser.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa