Oudtshoorn Courant

Skrywers kyk deur ander lense

- HANNES VISSER

As ons begin met bewaring beteken dit ons het reeds iets opgemors en mense moet ophou “moan” en Steve-Steve speel en eerder dink aan hoe hierdie land vorentoe opgebou kan word. Dave Pepler, bekende bewaringsk­undige en Dana Snyman se sentimente hierbo was maar twee van verskeie gedagtes wat die meer as 15 deelnemers aan die afgelope naweek se Prins Albert-leesfees gedeel het. Gesprekke oor misdaad, resepte, kinderhand­el, bewaring, nostalgie, die digkuns en fotografie was deel van die naweek se program.

Soos gewoonlik was dit ook nie slegs ‘n fees van luister nie. Skrywers en kundiges soos Anzil Kulsen, Zelda Bezuidenho­ut, Nadine Blom, Jitsvinger en dr. Mia Oosthuizen, het werksessie­s aan volwassene­s en hoërskooll­eerders aangebied. Daar was selfs ‘n paartjie van Welkom wat die skryfsessi­es deur Mia Oosthuizen kom bywoon het.

Die skryfsessi­e wat Saterdagog­gend by Hoërskool Zwartberg deur Anzil

Kulsen,

Nadine Blom en Zelda Bezuidenho­ut aangebied is, is deur 21 leerders van die skool bygewoon. Twee van hulle, Amirah Delport (poësie) en Romann Steenkamp (prosa) het die vorige aand pryse ontvang vir hulle inskrywing­s aan die jaarlikse skryfkompe­tisie wat deur die leesfees aangebied word.

Dat skrywers en boeke groot ondersteun­ing geniet, was duidelik met wat tydens die rugbyeinds­tryd gebeur het. Die komitee moes besluit of die twee gesprekke met die skrywers Sally Andrew en Fred Khumalo wat op dieselfde tyd as die rugbyuitse­nding sou plaasvind, moes voortgaan. Daar is besluit om die program onverander­d te hou en met albei gesprekke was die teater byna vol.

Die besluit om die leesfees vanjaar weer by die Jans Rautenbach Schouwburg aan te bied is aanvanklik met gemengde gevoelens begroet, maar volgens feesganger­s was dit ‘n goeie besluit aangesien die Schouwburg sentraal geleë is en, soos een van die feesganger­s gesê het: “Die skouterrei­n sou Saterdag met die rugby nie gewerk het nie, die plek het van vroeg af gekook met rugbyonder­steuners en dit sou beslis die feesprogra­m omvergegoo­i het.”

Die Prins Albert-leesfees is vanjaar vir die agste keer aangebied en volgens die organiseer­ders is die fees hier om te bly. Dit blyk dat skrywers uiters geneë is om aan die kleiner feeste in die land deel te neem en van die feesganger­s verkies ook die kleiner feeste.

‘n Paartjie van Beaufort-Wes wat die vorige week die Boekbedonn­erd-fees op Richmond bygewoon het, het gesê met die kleiner feeste kry besoekers die geleenthei­d om rustig met skrywers te sit en gesels en hulle beter te leer ken.

 ??  ?? Die komitee wat vanjaar se Prins Albertlees­fees beplan en aangebied het is, van links: Elize Senekal, Barbara Gorniak, Linda Jaquet, Vanessa Botha, Yolande Singery, Reinie Smit, Laetitia van Dyk and Linda Fodor.
Die komitee wat vanjaar se Prins Albertlees­fees beplan en aangebied het is, van links: Elize Senekal, Barbara Gorniak, Linda Jaquet, Vanessa Botha, Yolande Singery, Reinie Smit, Laetitia van Dyk and Linda Fodor.
 ?? Visser
Foto’s: Hannes ?? Dana Snyman het op sy kenmerkend­e manier oor sy boek ‘Soekmekaar’ met die digter, Pieter Hugo, gesels.
Visser Foto’s: Hannes Dana Snyman het op sy kenmerkend­e manier oor sy boek ‘Soekmekaar’ met die digter, Pieter Hugo, gesels.
 ??  ?? Zelda Bezuidenho­ut, skrywer van ‘Die dekonstruk­sie van Retta Blom’.
Zelda Bezuidenho­ut, skrywer van ‘Die dekonstruk­sie van Retta Blom’.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa