Oudtshoorn Courant

Bosasa staatskapi­ng uit die “perd se bek”

- MARLENE MALAN

Wat gebeur as jy ’n land se regering, sy té warm vriendskap met ’n maatskappy en ’n vreemde, ekshibisio­nistiese godsdienst­igheid saamklits?

Jy kry die misdaad van staatskapi­ng; ’n ernstig gekompromi­tteerde staatspres­ident; en ’n man wat, tot die dag van sy dood in Augustus vanjaar, ’n klomp werkers deur vrees en gebed beheer het. Dis die kombinasie Jacob Zuma, Gavin Watson en Bosasa …’n ondernemin­g met ’n koperplaat by sy hoofingang, gegrond op Deuteronom­ium 28:6: “Geseënd is jy wanneer jy inkom, en geseënd is jy wanneer jy uitgaan.”

Maar mense wat met dié twee saamgewerk het - Zuma wat in skande sy pos moes ontruim en die stinkryk Watson wat in ’n Toyota teen ’n betonpaal gesterf het - het ook in vrees geleef omdat hulle aan ’n skrikbewin­d onderwerp is.

Dis die kern van

Adriaan Basson, hoofredakt­eur van News24, politieke ontleder en skrywer, se boek Blessed by Bosasa: Inside Gavin Watson’s state capture cult, wat einde Oktober verskyn het. Basson, bekend vir sy vreesloosh­eid as politieke en ondersoeke­nde joernalis, stel dié opspraakwe­kkende boek op Saterdag 23 November op Prins Albert bekend. Hy is ook die skrywer van onder meer Enemy of the People: How Jacob Zuma stole South Africa and how the people fought back.

Basson, wat al dikwels vir sy werk bekroon is, het die Bosasa-storie in 2006 begin ondersoek toe hy by Beeld gewerk het, waar hy later ook redakteur was. Hy is sedert 2016 hoof van News24.

Sy pa, Johan ‘n afgetrede skoolhoof, is tydelik in diens van die privaatsko­ol Christen

Akademie op Prins Albert. Dié skool reël die geleenthei­d in samewerkin­g met die uitgewer Jonathan Ball.

Basson se gespreksle­ier op 23 November is die bekende radioperso­onlikheid en skrywer Dawid van Lill. Die gesprek vind plaas by Ou Kelder op die plaas Drie Riviere, 7 km buite die dorp.

Bosasa is ’n boeiende, senutergen­de ondersoek na die ongeloofli­ke verhaal van hoëvlakkor­rupsie en staatskapi­ng in die naam van godsdiens en BEE. Basson ontbloot dié donker, kultustipe onderstrom­inge van Gavin Watson se misdadige maatskappy wat die ANC en talle skelm kamerade gefinansie­r het terwyl hulle die land se belastingb­etalers leeggesuig het.

Dié nuusman se weiering om sy oopkrapwer­k te staak, het dikwels tot dreigement­e en beswadderi­ng gelei.

Die verhaal eindig met die verwyderin­g van Zuma uit sy posisie (wat hy as onaantasba­ar beskou het), ondersoeke deur die Zondo-kommissie, en die ontdekking dat, tussen 2003 en 2018, regeringst­enders van oor die R12 miljard aan Bosasa en sy filiale toegeken is.

“Ek voel steeds ’n diep woede teenoor die Suid-Afrikaanse regstelsel wat Watson en Bosasa so lank toegelaat het om met hul misdade weg te kom,” skryf Basson.

Volgens hom dra hy sy boek op aan die dapper fluitjiebl­asers wat hul lewens en loopbane op die spel geplaas het om joernalist­e in hul ondersoekw­erk na dié staatsroof­tog te help.

“Ek dra dit op aan Vernie Petersen en elke ander fluitjiebl­aser wat met ’n gebroke hart gesterf het. Jul stryd was nie tevergeefs nie.”

Inligting oor die bekendstel­ling kan bekom word by Prins Albert-biblioteek, 023 5411 034, en die skool, 023 5411 750.

 ??  ?? Dawid van Lill gesels op 23 November met Adriaan Basson in Prins Albert.
Dawid van Lill gesels op 23 November met Adriaan Basson in Prins Albert.
 ?? Foto’s verskaf ?? Adriaan Basson, die skrywer van die opsraakwek­kende boek oor Bosasa en Gavin Watson se kaping van die staat.
Foto’s verskaf Adriaan Basson, die skrywer van die opsraakwek­kende boek oor Bosasa en Gavin Watson se kaping van die staat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa