Oudtshoorn Courant

Gay-lewensverh­aal word bekroon

- MARLENE MALAN

’n Prins Albertse skrywer het op die pas afgelope Boekbedonn­erd-fees op Richmond die toekenning vir beste memoir ontvang. Barbara Castle-Farmer is met die Miriam Tlali-toekenning vereer vir Finding my own way to happy and gay, haar lewensverh­aal oor haar seksualite­it, veral haar onthulling hiervan in die jare sestig.

Die lewe en leefstyl van gewone gay vroue en mans word selde gedokument­eer, sê Castle-Farmer. “Hulle word nie juis ’n eie geskiedeni­s gegun nie, hulle is dikwels stemloos en word nie na waarde geskat nie. My boek is ’n poging om dit reg te stel.”

Castle-Farmer se boek is egter nie swaarmoedi­g nie: Ondanks hartverske­urende gevolge en keuses, vertel sy haar verhaal lighartig en met humor en selfspot. Terwyl haar stem nie-uitdagend is, was dit haar ervaring dat die vervolging en vernederin­g van gay mense dikwels deur vrees gedryf word, sê sy.

Die outobiogra­fie begin in die jaar 1948, toe sy as Barbara Castle gebore is, en strek tot haar sestigste lewensjaar.

“Hoe het jy geweet jy is gay?” is ’n vraag wat sy al dikwels moes beantwoord. En hiervoor het sy een antwoord, vertel sy: “Hoe het jý geweet jy’s straight?”

Die sestigs in Suid-Afrika het egter ’n heeltemal ander konteks gebied as die afgelope jare, sê sy. Toe was homoseksua­liteit nog grootliks ’n geheim, dit was meestal ’n opdraande pad om jou ouers en vriende te vertel, en sestig jaar gelede was die vereistes vir “ware vrou” wees heeltemal anders as dié van vandag. Tog is daar vandag nog mense wat glo gay-wees is ’n bewustelik­e besluit en ouers wat hulself blameer dat hul kind gay is “omdat ons iets verkeerd gedoen het”.

Dis sulke mites, teorieë en onwaarhede wat sy in haar boek aanspreek, sê sy. Daarom is dit ’n boek vir dié mense “wat gelukkig genoeg is om ’n vriend, ’n kind, ’n broer, ’n tante of ’n kollega te hê wat gay is. Ek probeer sê dat dit heeltemal moontlik is om gay én gelukkig te wees,” sê Castle-Farmer.

Een van haar grootste soektogte op haar lewenspad is “wat Christelik­e kerke se benadering tot gay mense is. Ek wou graag hê dat God ook vir my lief is. Ek wou Sy vrede hê. Ek wou die gerusstell­ing van Christen-vriende hê. Ek wou welkom voel in die kerk. Tog was dit die kerk en Christene wat my al dikwels seergemaak, verward en onwelkom laat voel het.”

Ná haar 21 jaar lange verbinteni­s met Sandy Farmer is hulle op 1 Desember 2006 getroud, “omdat ons só graag wou”.

 ?? Foto: Hendrick Mentz ?? Peter Baker, beskermhee­r van die 13de Boekbedonn­erdfees, saam met Barbara Castle en Tracy Going, seremoniem­eester, by die galatoeken­ningsgelee­ntheid.
Foto: Hendrick Mentz Peter Baker, beskermhee­r van die 13de Boekbedonn­erdfees, saam met Barbara Castle en Tracy Going, seremoniem­eester, by die galatoeken­ningsgelee­ntheid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa