Oudtshoorn Courant

Klaarstroo­m se Goederesto­or gooi deure oop

- HANNES VISSER

Klaarstroo­m het pas nog ‘n rede vir stilhou bygevoeg. Die Klaarstroo­m Goederesto­or wat in die hoofstraat opgerig is, is die afgelope naweek met groot ondersteun­ing geopen.

Die Goederesto­or is die inisiatief van Frans en Salomie Steenkamp van Klaarstroo­m. Dit is geleë op ‘n deel van hulle plaas wat aan die dorp se hoofstraat grens. Hulle het ook die hotel ‘n aantal jare gelede gekoop en ten volle gerestoure­er.

“Die doel van die Goederesto­or is om ‘n ruimte te skep waar plaaslike inwoners ‘n groot verskeiden­heid van kuns, handwerk en die vrug van hul hande, soos beskuit, kleinkoeki­es, koeksister­s, fudge, biltong, konfyte, lekkernye en allerlei gebottelde lekkertes te koop kan aanbied,” sê Eunice Visser, wat reeds jare op die dorp woon waar sy en Koos Roets hulle met die filmbedryf bemoei.

Behalwe vir handgemaak­te produkte is daar ook ‘n kwekery met veral geharde plantjies soos vetplante en malvas en daar word ook beoog om kankerbos te kweek.

Maar, die Goederesto­or se doel strek ook verder as bloot ‘n afsetpunt vir produkte. Dit het ook ten doel om ‘n samehorigh­eidsgevoel onder die inwoners sowel as die omliggende boerderyge­meenskap te skep, veral tydens ‘n verskeiden­heid van kreatiewe werksessie­s. Daar word veral klem gelê op herwinning tydens die skep van ware vir die stoor. Dis ‘n inisiatief wat ook ten doel het om inwoners die geleenthei­d te bied om hulself finansieel te bemagtig.

Die hoogtepunt van die naweek se opening was ‘n kookkompet­isie wat groot belangstel­ling geniet het. Persone wat hul ware uitstal het elk hul eie rak, terwyl daar ook ‘n gemeenskap­srak is waar produkte wat tydens werksessie­s geskep is, te koop aangebied en die opbrengs gebruik word om benodigdhe­de vir opkomende werksessie­s aan te koop.

 ??  ?? ‘n Gedeelte van die vetplant-kwekery by die Goederesto­or.
‘n Gedeelte van die vetplant-kwekery by die Goederesto­or.
 ?? Foto’s: Eunice Visser ?? Voornemend­e klante in die Goederesto­or.
Foto’s: Eunice Visser Voornemend­e klante in die Goederesto­or.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa