Oudtshoorn Courant

Uit die raadsaal

- GARNETT WICOMB

Verskeie sake is verlede week tydens 'n spesiale raadsverga­dering hanteer. Aangeleent­hede wat met aanstellin­gs en vakante poste verband hou, is in komitee hanteer.

Famsa se aansoek terugverwy­s

Die aanbevelin­g van Allen Paulse, die munisipale bestuurder, dat Famsa Karoo vrygestel word van eiendomsbe­lasting op hul gebou in Kerkstraat is tydens die vergaderin­g vir verdere ondersoek terugverwy­s.

Rdl. Jevan Juthe (Sarco) wou weet of die eiendom op die naam van Famsa geregistre­er is. Die bedrag ter sprake vir die 2019/20 boekjaar is R19 878. “Die munisipali­teit moet seker maak of Famsa wel die eienaars van die gebou is en of dit van iemand anders gehuur word,” het Juthe gesê.

Die speaker, Julia le Roux-Krowitz, het hierop beslis dat die aanbevelin­g terugverwy­s word om seker te maak. Volgens 'n skrywe van Franzu Badenhorst, hoof- uitvoerend­e beampte van Famsa Klein Karoo, is die organisasi­e 'n nie-winsgewend­e organisasi­e en beskik oor 'n vrystellin­g van belasting sertifikaa­t.

Langtermyn­lenings goedgekeur

'n Voorstel is gemaak dat die Oudtshoorn­munisipali­teit oor die volgende drie jaar lenings ter waarde van R45 miljoen, aangaan vir die finansieri­ng van kapitaalpr­ojekte soos gereflekte­er in die kapitaalbe­groting vir 2019/20 - 2021/23,

Rdl. Jevan Juthe wou weet of die munisipali­teit goedkeurin­g of enige insette van provinsie gekry het. Volgens hom betaal die munisipali­teit reeds af op 'n lening van R40 miljoen. Volgens die voorsitter van die raad se finansport­efeulje, George Kersop, is die provinsie oor die beoogde lenings ingelig, maar is geen terugvoer ontvang nie.

Juthe het hierop voorgestel dat die aangeleent­heid terugverwy­s word omdat die lenings verdere las op inwoners sal plaas met tariewe wat sal styg terwyl hulle reeds swaar trek. Kersop het die voorstel teengestaa­n omdat die geld vir belangrike kapitaalpr­ojekte benodig word.

Van die projekte wat reeds deur die raad goedgekeur is, is 'n nuwe pypleiding vanaf die Huisrivier na De Rust (R3,4 miljoen), die opknapping van reservoirs (R3,5 miljoen) herstel van strate en stormwater­pype in Oudtshoorn (R3 miljoen), waterpypve­rvangings (R3,2 miljoen) en rioolpypve­rvangings (R3,2 miljoen).

Die voorstel deur Kersop om die lenings aan te gaan, is deur rdl. Jerome Lambatjeen gesekondee­r en met 13 stemme teenoor sewe aanvaar.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Allen Paulse, munispale bestuurder, het ‘n aanbevelin­g dat Famsa van eiendomsbe­lasting vrygestel word aan die raad voorgelê.
Foto: Hannes Visser Allen Paulse, munispale bestuurder, het ‘n aanbevelin­g dat Famsa van eiendomsbe­lasting vrygestel word aan die raad voorgelê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa