Oudtshoorn Courant

Lang pad van herstel na botsing

- HANNES VISSER

Die bestuurder van die Audi TT wat Sondag saam met twee vriende in ‘n ernstige botsing betrokke was, was teen gister nog in die hoësorg-eenheid van die George Mediclinic.

Stiaan Swart en twee vriende, Sarel-Blaco Kleyn en AJ Koen, was Sondagmidd­ag omstreeks 13:00 met Langenhove­nweg oorkant die Oudtshoorn Vaardighei­dskool onderweg toe ‘n wit Toyota Corolla voor hulle vanuit die regterbaan na die linkerbaan beweeg het. Die Audi het die Toyota links agter getref waarna die Audi twee bome langs die straat getref het voordat dit deur ‘n tuinmuur gebars het. Koen wat agter in die motor gesit het, kon deur die luikrug uitkom en het gesigsbese­rings opgedoen. Swart en Kleyn is egter in die motor vasgekeer en is bevry nadat reddingswe­rkers die bestuurder­sdeur van die Audi verwyder het. Koen is na behandelin­g in die Georgehosp­itaal ontslaan, maar Swart en Kleyn is na die George Mediclinic oorgeplaas. Die twee Belgiese toeriste in die Toyota Corolla was erg geskok, maar ongedeerd.

Johan Swart, Stiaan se pa, het gister gesê hulle hoop dat Stiaan gister uit die hoësorgeen­heid sou kom.

“Hy het ‘n ernstige hoofbeseri­ng opgedoen, daar is ‘n fraktuur in sy skedel en bloeding op sy brein,” het hy gesê. Hy en sy vrou was Sondag op die botsingsto­neel terwyl hulle seun en Kleyn nog in die voertuig vasgesit het. Hy het gesê die neuroloog het hulle gerusgeste­l dat die bloeding op Stiaan se brein self sal afneem en dat ‘n operasie nie nodig is nie. “Hy (die neuroloog) het egter gesê Stiaan gaan vir ten minste ses weke nie kan werk nie en dat hy ‘n lang pad van herstel voor hom het. Ons is net dankbaar dat al drie van hulle lewendig uit die wrak kon kom”.

Die eienaar van die huis waar die Audi deur die muur gebars het, het gesê dit is al die derde ernstige botsing wat op die hoek van Albertstra­at en Langenhove­nweg plaasgevin­d het, waarvan hy weet. Hy en sy gesin was Sondagmidd­ag in die huis toe hulle die slag en geskreeu van bande gehoor het. “Ons het gedink dis weer voor in die straat, maar toe sien ons die kar is amper in ons erf.”

 ??  ?? ‘n Nooddiensw­erker staan by die beseerde Sarel-Blanco Kleyn terwyl daar dringend aandag aan die beseerde bestuurder langs hom, gegee word.
‘n Nooddiensw­erker staan by die beseerde Sarel-Blanco Kleyn terwyl daar dringend aandag aan die beseerde bestuurder langs hom, gegee word.
 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? Reddingswe­rkers verwyder die audi se deur om die beseerde Stiaan Swart uit te haal.
Foto’s: Hannes Visser Reddingswe­rkers verwyder die audi se deur om die beseerde Stiaan Swart uit te haal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa