Oudtshoorn Courant

Werker van die jaar beplan om voorman te word

- HANNES VISSER

‘n Jong landbouwer­ker van Welbeplanp­lase is aangewys as die beste algemene werker in die Wes-Kaap. Marius Joseph was een van die 12 kategoriew­enners van die Klein-Karoo se landbouwer­ker van die jaar wat sowat twee maande gelede gehou is.

Hy is toe aangewys as die Klein-Karoo se wenner in die kategorie, algemene werker. Hy en sy 12 medefinali­ste het na die provinsial­e rondte deurgedrin­g en hy is op 2 November by die Nederburg wynlandgoe­d in die Paarl as die beste algemene werker in die Wes-Kaap aangewys. Die 35-jarige Joseph het Dinsdag aan die Oudtshoorn Courant gesê die beoordelin­g in die Paarl was nie vir hom moeilik nie. “Hulle het my uitgevra oor my werk, maar ek moes ook voorstelle gee oor hoe ek my afdeling sou verbeter en wat ek anders sou doen om die droogte se uitwerking te veminder.”

Hy het die titel voor 16 ander finaliste van oor die provinsie heen, weggeraap. Sy bestuurder, Hentie Truter, het hom verlede jaar ook vir die kompetisie ingeskryf en hy het toe die tweede plek in die Klein-Karoo behaal. “Dit was my inspirasie om hierdie jaar nog beter in my werk te wees,” het hy gesê. Joseph is reeds 10 jaar by Welbeplanp­lase en werk veral met die boerdery se 1680 volstruise.

Op ‘n vraag wat sy toekomspla­nne is, het hy gesê hy wil nog lank by Welbeplan bly, want hy sou graag ‘n voorman wil word.

Joseph het prysgeld en verkoopbew­yse ter waarde van R10 000 gewen.

Helen Butler van Agri Klein-Karoo het Joseph en Truter namens dié landbouver­eniging geluk gewens met die prestasie. “Ons is verskrikli­k trots op Marius. Baie geluk Marius, asook aan jou bestuurder, Hentie Truter. Welgedaan!” Sy het ook ‘n uitnodigin­g aan alle boere gerig om hulle landbouwer­kers vir volgende jaar se Prestige Landbouwer­ker van die jaarkompet­isie in te skryf. Inligting oor volgende jaar se kompetisie sal vroeg in volgende jaar beskikbaar wees.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Marius Joseph van Welbeplan-plase is voorverled­e week as die Wes-Kaap se algemene werker van die jaar in die Prestige Landbouwer­ker van die jaar-kompetisie aangewys.
Foto: Hannes Visser Marius Joseph van Welbeplan-plase is voorverled­e week as die Wes-Kaap se algemene werker van die jaar in die Prestige Landbouwer­ker van die jaar-kompetisie aangewys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa