Oudtshoorn Courant

Hande reik uit na Huis Triomf

- HANNES VISSER

Die bestuur van Huis Triomf het by monde van Allie Killian, tesourier, hierdie week gesê die reaksie op verlede week se berig dat dié kinderhuis dalk moet sluit, was oorweldige­nd. Hy sê dat veskeie mense ondernemin­gs geteken het om maandeliks ‘n bydrae te maak en dat daar selfs uit die buiteland geld ontvang is. Hans van Arkel, wat gereeld uit Alphen an den Rijn in Nederlend na Oudtshoorn reis het byvoorbeel­d verlede week die berig op die voorblad van die koerant gesien, en onmiddelik geld uit Nederland bewillig. Volgens Killian was daar ook reaksie uit België en Australië.

“Natuurlik was daar ook negatiewe reaksie op soisiale media van mense wat impliseer dat Huis Triomf se geld wanbestuur word, maar dit is glad nie die geval nie,” sê Killian. Hy is reeds 15 jaar op die bestuur en die ander bestuursle­de, Louine Olivier (voorsitter), Suné

Rupping van Rotary (onder-voorsitter), Dalia Wilck wat ook ‘n Rotariër is, en Valerie van der Walt, ‘n sakevrou, sorg dat die fondse van Huis Triomf presies bestuur word soos wat vereis word.

“Die realiteit is dat ons land in ‘n swak ekonomie gedompel is en derhalwe het befondsing begin krimp terwyl uitgawes groter geword het,” verduideli­k hy. Hy het ook die kinderhuis se besigheids­plan aan die media beskikbaar gestel.

“Ons is regtig baie dankbaar vir die verskeie donasies wat ons die afgelope week ontvang het. Ons sal later almal bedank, wat hulle name by die inbetaling­s in die bankrekeni­ng geplaas het. Ons is nou baie meer positief as begin verlede week, maar ons moet steeds voorsorg tref om te verseker dat die seuns hulle heenkome behou.”

Om self ‘n bydrae tot hulle versorging te maak het die seuns van Huis Triomf ‘n groentetui­n aangelê en die eerste groente kan eersdaags geoes word. Mense en instansies wat hulle wil verbind tot ‘n maandeliks­e bydrae kan die volgende bankbesond­erhede gebruik:

Rekeningho­uer: ACVV Huis Triomf Child Care Centre

Bank: Eerste Nasionale Bank Rekening: Tjekrekeni­ng 5323 0020 512 Takkode: 210 414

Vir meer inligting kontak Huis Triomf by 044 272 3234

 ?? Foto: Suné Rupping ?? Een van Huis Triomf se inwoners, wys hoe fluks die pampoene groei.
Foto: Suné Rupping Een van Huis Triomf se inwoners, wys hoe fluks die pampoene groei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa