Oudtshoorn Courant

Stuurman en MJ het van moord geweet

- LIEZL VAN NIEKERK

Die moordverho­or van Preston Titus het die week goeie vordering in die rondgaande hooggeregs­hof op Oudtshoorn gemaak. Die laaste verdagte, Masithembe January (MJ), is sedert Woensdag in die getuiebank om sy saak aan die hof te stel. Sy medebeskul­digdes, Magdaleen Titus (Preston se vrou) en Natasha Stuurman het reeds hul saak aan die hof gestel. Justice Mooi, die vermeende huurmoorde­naar het aangedui dat hy nie gaan getuig nie en dat hy ook nie getuies in die saak gaan roep nie.

Magdaleen Titus

Die Oudtshoorn Courant het verlede week oor die ondervragi­ng van haar prokureur,

Henk Carstens, berig. Verlede Vrydag het Titus klaar gemaak op die getuiebank na staatsadvo­kaat, Christénus van der Vijver, haar ondervra het. Van der Vijver het haar oor die aand van die moord op 1 Desemeber 2017 uitgevra. Hy het selfoonrek­ords van daardie aand uitgelig en daarop gewys dat Titus en Sixabiso Klip, ‘n verdagte wat reeds gevonnis is, op ‘n konstante basis daardie aand kontak gehad het. Ook dat die rekords wys waar elkeen op die aand van die moord was en dat Mooi, Titus en Klip se selfoon op 1 Desember van die selfoontor­ing naby die weermagbas­is reflekteer het. Volgens hom was haar en Klip se laaste gesprek 13 minute voor elf die aand van 1 Desember. Om 23:20 wys sy selfoonrek­ords dat hy by Kandelaars­rivier op pad na Mosselbaai is. Volgens vroeër getuienis is dit waar polisie die moordwapen­s gevind het.

“Mev. Titus, u het volgens u weergawe aan die slaap geraak en in so ‘n diep slaap verval dat u nie die gru-moord op u man gehoor het nie, maar u het wakker geword van u oudste dogter wat net na 23.00 huis toe gekom het. Die moord op u man was tussen 23:00 en 23:20. Is dit moontlik?” Van der Vijver het aan haar gesê dat almal foute maak en dat sy steeds die geleenthei­d het om jammer te sê as sy iets verkeerd sou gedoen het. Sy het egter gesê dat sy by haar weergawe hou en dat sy vas geslaap het toe haar man vermoor is en niks weet van die beplande moord op haar man nie.

Natasha Stuurman

Stuurman was Maandag in die getuiebank. Sy het egter tydens kruisonder­vraging van Van der Vijver erken dat sy van die moord op Preston geweet het.

Volgens haar het Klip aan haar gesê dat ‘n moord op Preston beplan word en dat dit die rede is dat Justice en die onbekende man in Oudtshoorn was. Volgens haar het sy aan Klip gesê dat hy homself daar moet uithou, maar hy was glo baie bang. Hy sou deur Titus betaal word vir sy aandeel aan die moord en daardie geld sou hy gebruik om sy stiefma te laat verdwyn.

Stuurman sê sy wou nie betrokke wees nie omdat sy bang was vir hulle.

“Hulle het gewoon in my huis op daardie stadium. Ek was swanger en hulle het geweet waar ek werk. Ek sou daardie Vrydag Beaufort-Wes toe gaan vir ‘n kerkdiens en daardie Sondag Maggie oor die beplande moord op haar man konfrontee­r. Die moord het egter die Vrydag al gebeur en ons het die Saterdag terug gekom. Ek was net te bang om iets daaroor te sê.”

Stuurman het ook gesê dat Titus om verskoning gevra het toe hulle in hegtenis was.

“Sy het gesê sy is jammer dat sy my hierby betrek het en dat sy nie wou hê ek moes weet nie omdat ek swanger is. Sy het vir my gesê Klip moet egter sy straf vir sy aandeel in die moord kry.”

Masithembe January

MJ is sedert Woensdag in die getuiebank. Sy regsvertee­nwoordiger, Louise Luterek, was teen Donderdago­ggend steeds met ondervragi­ng besig. Hy het vertel dat hy Mooi, Stuurman en Titus in Oktober 2017 ontmoet het. Volgens hom het hy Titus by Stuurman se woning ontmoet en is dit ook waar hulle buite-egtelike verhouding begin het. Hy het egter nie die verhouding as ernstig beskryf, maar as bloot ‘n “fling”.

Hy het vertel dat hy, Klip en Titus in November 2017 na Port Elizabeth gegaan het vir ‘n kerkdiens. Volgens hom het hulle op ‘n stadium by Mooi se eetplek iets gaan eet waar hy Klip en Titus aan Mooi voorgestel het. Volgens hom het hy op ‘n stadium ‘n telefoonop­roep geneem en buitentoe gestap en met sy terugkeer het Titus aan hom gevra om homself te verskoon omdat hulle besig was om iets te bespreek.

“Later toe ons alleen in die huis was het ek haar gevra waaroor die gesprek gegaan het. Ek het dit vreemd gevind omdat Maggie saam met my na PE gegaan het en nou saam met ‘n man wat ek aan haar voorgestel het ‘n privaat gesprek wil hê. Sy het op ‘n stadium my begin vloek en toe sê sy sy wil haar man laat vermoor. Ek het hom nog nooit ontmoet nie, net op foto’s gesien. Ek het gevra hoekom sy dit wil doen en sy het gesê dit het niks met my te doen nie.”

MJ het verder gesê dat hy aan haar gesê het dat dit verkeerd is, maar dat hy baie bang was vir haar en dat sy reeds sy hele familie ontmoet het.

“Sy het ook aan my gesê dat sy vir die ANC werk en dat sy sal seker maak ek word eerste doodgemaak as ek iets sê.”

Die verhoor het gister voortgegaa­n.

 ??  ?? Natasha Stuurman
Natasha Stuurman
 ??  ?? Magdaleen Titus
Magdaleen Titus
 ??  ?? Masithembe January
Masithembe January
 ??  ?? Justice Mooi
Justice Mooi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa