Oudtshoorn Courant

Strenger waterbeper­kings

- MARLENE MALAN

Die sowat 4 mm reën wat Maandagaan­d en -nag in Prins Albert geval het, het weinig aan die dorp se waterkrisi­s verander en kon nie keer dat nóg strenger waterbespa­ringsmaatr­eëls ingestel word nie. Huishoudin­gs word reeds tot 90 liter water per persoon per dag beperk en met sowat 70 gastehuise word ’n skerp toename in besoekers in Desember verwag. Die munisipale bestuurder, Anneleen Vorster, het verlede week met senior bestuurder­s en wykskomite­elede vergader. Die onderburge­meester, Linda Jaquet, het in ‘n WhatsApp-boodskap aan inwoners van wyk 2 gesê: “Die waterverbr­uik in die dorp is te hoog. Ons oorskry ons beskikbare waterbeski­kbaarheid met 144 000 liter per dag. Daarom word almal nou daaraan herinner dat munisipale waterverbr­uikers by 90 liter per persoon per dag moet bly.” Die invloei van water – van agt boorgate, plus leiwater – na reservoirs is sowat 1 223 miljoen liter per dag. In toerisme maande (veral Desember) neem die verbruik toe tot sowat 2 miljoen liter per dag, volgens provinsial­e statistiek. Sedert verlede Donderdagn­ag is bykomende maatreëls ingestel.

Waterdruk word nou tussen 23:00 en 05:00 verminder en inwoners moet doodseker maak dat daar geen lekkasies op hul erf is nie. Alle krane moet styf toegedraai word en die watermeter dan nagegaan word om te kyk of water iewers lek. Inwoners mag glad nie meer ’n tuinslang gebruik om hul tuine nat te maak of karre te was nie. Hulle moet seker maak dat alle swembadden­s bedek is – ’n maatreël wat reeds verlede jaar ingestel is, maar nou streng afgedwing gaan word. Indien inwoners nie boorgatwat­er of leiwater gebruik nie, moet hulle die munisipale bestuurder se toestemmin­g kry om hul swembadwat­er aan te vul. Inwoners kla egter dat die munisipale swembad, wat twee jaar gelede ingewy is, nog geen bedekking het nie en dat daar daagliks duisende liter water verdamp. Munisipale wetstoepas­singsbeamp­tes patrolleer sedert verlede Vrydag die strate en kan huishoudin­gs onaangekon­dig besoek. Inwoners kan op die plek met R200 per oortreding beboet word indien hulle nie die toepaslike munisipale maatreëls nakom nie.

Voorts sal die munisipali­teit geen keuse hê nie as om wasters te installeer wat waterverbr­uik beperk op die pype van groot waterverbr­uikers wat voortgaan om die waterbeper­kings te ignoreer nie. Jaquet het die Kweekvalle­iwaterverb­ruikersver­eniging bedank wat van hul waterbeurt­e aan die munisipali­teit afgestaan het om die situasie te stabilisee­r. “En dankie aan almal wat alles in hul vermoë doen om water te bespaar.”

Die gemiddelde reënvalsyf­er in Prins Albert die afgelope ses jaar toon ’n drastiese afname. Waar dit in 2012 oor die 300 mm was, was dit in 2015 net minder as 200 mm en in 2018 net oor die 100 mm.

Hugh Forsyth, voorheen voorsitter van die belastingb­etalersver­eniging hier, sê sy meting toon daar het tot dusver vanjaar in Prins Albert nog net 48 mm reën geval.

Merweville boorgate raak droog

In ‘n persverkla­ring deur die munisipali­teit van Merweville is inwoners ook hierdie week ingelig dat drie van die dorp se ses boorgate reeds droog is. Inwoners word gewaarsku dat die huidige waterverbr­uik hoër is as wat die munisipali­teit kan voorsien. “Die munisipali­teit is tans besig met die toevoeging van boorgate wat volgende week sal plaasvind. Daar word tans ondersoek in die area gedoen vir die boor van nuwe gate vir addisionel­e water,” lui ‘n deel van die verklaring.

Die Beaufort-Wes-munisipali­teit het Woensdagog­gend water in vyfliter-houers na Merweville aangery om ‘n noodkamer te stig. Die munisipali­teit het die WesKaapse departemen­t van rampbestuu­r gekontak en hulp gevra vir water vir Merweville en Gift of the Givers is ook gekontak om hulp te verleen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa