Oudtshoorn Courant

Die son skyn vir Kannaland

- DEON MEYER

’n Belegging van R1,2 miljard kan groot omwentelin­g in Kannaland en veral vir Calitzdorp, teweegbrin­g. Kannaland se munisipale bestuurder, Reynold Stevens, het bevestig dat die finansieri­ng beskikbaar is vir die aanlê van ’n sonplaas net buite Calitzdorp waar sonenergie met uiters gevorderde tegnologie opgewek gaan word. Behalwe dat die projek energie gaan opwek beloof dit ook om werksgelee­nthede aan inwoners te verskaf.

“Hierdie loodsproje­k deur die Inovasure-maatskappy is reeds in ’n gevorderde stadium en gaan Kannaland in ’n ander dimensie plaas. Dit behels onder andere water, elektrisit­eit en sekuriteit, asook ’n geografies­e inligtings­telsel,” het Stevens hierdie week gesê.

Die projek word deur 39 ingenieurs en wetenskapl­ikes bestuur en is enig in sy soort. Volgens Stevens gaan dienste soos waterverbr­uik, riolering en elektrisit­eit verbeter word. ”Dit gaan basiese dienste na die mense bring en gaan ook aangewend word om water te herwin. Dit sal gebeur dat rioolwater nog voordat dit nog by die rioolwerke uitkom, weer hersirkule­er word wat die druk op die rioolnetwe­rk beslis gaan verlig. Gryswater sal dan gebruik word vir tuine en terreine en sal aan skole en ander instansies verskaf word. Dit sal ook die waternood verlig.”

Magdalena Barry, burgemeest­er van Kannaland, voorsien dat effektiewe­r dienste geskep gaan word aangesien die dorp sy eie energie kan opwek en goedkoper aan inwoners voorsien word. Volgens Wayne Robertson, bestuurder van gemeenskap­sdienste, is die stelsel so gevorderd dat dit ook internetdi­enste aan inwoners kan verskaf.

 ?? Foto: Deon Meyer ?? Magdalena Barry, burgemeest­er van Kannaland en Reynold Stevens, munisipale bestuurder.
Foto: Deon Meyer Magdalena Barry, burgemeest­er van Kannaland en Reynold Stevens, munisipale bestuurder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa