Oudtshoorn Courant

Bome-projek gewortel

- HANNES VISSER

Die Trees of Hope-projek van die Ek is Oudtshoorn-inisiatief, gaan van krag tot krag. Volgens Jaco Vorster, wat die projek begin het, is daar sedert die vorige geleenthei­d waar bome langs die museum en op verskeie ander plekke geplant is, reeds meer as 300 bykomende bome geplant.

“Wat so wonderlik is, is dat mense nie net bome koop en skenk nie, maar dat mense nou selfs hulle eie boompies kweek en beskikbaar stel om geplant te word,” sê hy. Hy noem byvoorbeel­d dat die apteker, Theron Mentz, 100 witstinkho­utbome gekweek het, wat onlangs buite Oudtshoorn geplant is. “Hy het hom verbind om nog ‘n duisend te kweek,” sê Vorster.

Hy het Maandag by Karootuin-kwekery terugvoeri­ng oor die boomplantp­rojek gedoen toe hy tien bome ontvang het wat gesamentli­k deur die Oudtshoorn Courant en Karootuin geskenk is.

Le Roux van der Westhuizen, eienaar van Karootuin, het gesê hy ondersteun die projek ten volle en die feit dat daar tans droogte is, is nie ‘n rede om nie bome aan te plant nie. “Daar is maniere om water slimmer te gebruik,” het hy gesê en gewys hoedat die kwekery water wat deur die lugversorg­ers van die aangrensen­de gebou van Klein Karoo Agri gekondense­er word, opvang.

Die kondensasi­e word met pype na ‘n tenk herlei en volgens Van der Westhuizen gaar hulle tussen 100 en 150 liter water per dag op die manier op.

Die water word gebruik om plante in die kwekery nat te lei. Jaco Vorster het gesê hulle gaar ook water op wat deur Camp Roadhouse se lugversorg­ers gekondense­er word en moedig ander besighede om dieselfde te doen. “Dit is verstommen­d hoeveel water deur ‘n lugversorg­er voorsien word, en ons behoort dit vir plante te gebruik.” Mense en instansies wat by Trees of Hope of by ander projekte van Ek is Oudtshoorn wil betrokke raak, kan die Oudtshoorn­besigheids­kamer by 044 272 6637 skakel of ‘n e-pos aan treesofhop­e@ odnchamber. co.za stuur.

 ?? Oudtshoorn Courant
Foto: Hannes Visser ?? Brende Brits (links) bemarker van die en Le Roux van der Westhuizen (agter) het Maandag tien witstinkho­utbome aan Helen Butler en Jaco Vorster van die Oudtshoorn-besigheids­kamer geskenk as deel van die Trees of Hope-inisiatief.
Oudtshoorn Courant Foto: Hannes Visser Brende Brits (links) bemarker van die en Le Roux van der Westhuizen (agter) het Maandag tien witstinkho­utbome aan Helen Butler en Jaco Vorster van die Oudtshoorn-besigheids­kamer geskenk as deel van die Trees of Hope-inisiatief.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa