Oudtshoorn Courant

# sterkersaa­m#lekkerders­aam

-

Kort nadat die Springbokk­e die derde keer as wêreldkamp­ioene die Web Ellis-trofee omhoog gehou het, berig Die Burger dat ná die aankondigi­ng van die Springboks­pan vir die Wêreldbeke­r-rugbytoern­ooi in Japan, die versugting uitgespree­k is dat hul vertoning die vonk sal wees wat die droom van nasiebou weer in ons land sal laat vlam vat. En dan berig Die Burger verder: Sonder om onrealisti­es te wees oor hoe ver die krag van sport strek, het tonele landwyd ná die span se sege in die eindstryd, hul verwelkomi­ng op die OR Tambo-lughawe, en die span se landwye segetoer om dankie te sê aan al hulle ondersteun­ers, bevestig dat 'n nuwe samehorigh­eidsgevoel inderdaad onder SuidAfrika­ners vaardig is.

Dit was veral verblydend om op TV en sosiale media te sien hoe 'n jong geslag Suid-Afrikaners hulle in hulle diversitei­t – en met uitbundige vreugde – agter die Bokke verenig.

Vir 'n paar oomblikke is al die dinge wat ons verdeel, vergete. Vir 'n paar oomblikke skuif ons allerhande onbenullig­hede op die agtergrond, en vier ons saam fees. So hier en daar was daar 'n sot wat op sosiale media die geleenthei­d wou gebruik om politieke of populistie­se munt uit die gebeure te slaan, maar daardie stemmetjie­s is deur die harmoniese en oorverdowe­nde koor van vreugdelie­dere verswelg. Hand om die nek met mekaar, en al vlagswaaie­nde, het SuidAfrika­ners van alle rasse en stande die groot oomblik gevier. Vir 'n oomblik beleef ons in die land wat 'n gediversif­iseerde Springboks­pan op die veld ervaar het – saam is ons sterker!

Dít is die ware Suid-Afrika – 'n land met oorwegend goeie mense wat ten diepste begeer om skouer aan skouer en in harmonie met mekaar saam te leef. Ten diepste wil die meeste van ons 'n rustige lewe leef en in vrede opstaan om te gaan werk, en in vrede vanaand ons koppe op 'n kussing neersit. Ten diepste wil by verre die meeste van ons eintlik saam dans en sing en jubel – al doen ons dit op verskillen­de maniere. Ons is 'n land waar almal nie skelms en rassiste en vuisslaner­s en moordenaar­s en wetsoortre­ders is nie – al laat die koerante dit soms so lyk. Ja, natuurlik het Suid-Afrika soos alle ander lande sy moeilikhei­dmakers, maar gelukkig het Suid-Afrika ook sy miljoene der miljoene mense wat in goodwill teenoor almal leef. Die versoeners en vredemaker­s is baie meer as dié wat verdeel. Die bouers is baie meer as die brekers.

Dis wanneer ons vir mekaar die mooi stories van ons land se mense begin vertel, dat jy begin besef dat ons eintlik in 'n wonderlike land met wonderlike mense woon. Dink maar net aan al die mense wat hulle daarvoor beywer om sonder enige voordeel vir hulleself, van die land 'n beter plek probeer maak. Dink maar aan die baie persone en instansies wat hulle daarvoor beywer om dit vir ander ander meer leefbaar en lekkerder te maak. Dink maar aan die goeie gesindheid en oop beursies deur skarebefon­dsing vir 'n goeie saak of om mense in hulle nood by te staan.

Iemand sê net die ander dag, dat as mens na al dié mooi verhale van ons land luister, besef jy watter wonderlike plek Suid-Afrika is, en watter wonderlike mense hier woon. Máár, sê die persoon net in die volgende sin, sodra jy TV-nuus kyk of na 'n politieke leier luister, wil jy jou tasse pak om te emigreer.

Miskien moet ons maar net ons oë vir die nuus toedruk en ons ore vir die politici. Miskien moet ons maar net meer mekaar raaksien, al die goeie en goedgesind­e mense om ons. Miskien moet ons maar net by mekaar inhaak en saam werk en sing en bid en lag.

Want #sterkersaa­m #lekkerders­aam in hierdie wêreldkamp­ioenland van ons!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa