Oudtshoorn Courant

Dis vrugtetyd in die Klein-Karoo

-

Daar is ‘n hele aantal dinge wat besoekers gereeld na die Klein-Karoo lok, en een van die aspekte is die geleenthei­d om self vrugte te pluk. Met die somer wat in al sy warmte aangebreek het, begin appelkose en perskebome gereed maak om hulle vrugte met mense te deel. Die eerste appelkose kan reeds vanaf 23 November tot ongeveer 8 Desember by De Krans in Calitzdorp gepluk word.

Die Klein-Karoo is bekend vir sy Bulidaappe­lkose en ten spyte van die droogte is daar ’n oes om te geniet. Die appelkose sal skaars van die takke wees dan is dit persketyd en Oom Sarel-taaipitper­skes kan dan vanaf 14 tot 29 Desember by De Krans gepluk word.

Vroeg in die nuwe jaar sal wynkelders se wingerde ook vir ‘n rukkie vir die publiek oop wees om hanepoot te gaan pluk.

Calitzdorp is ‘n gewilde besoekpunt waar van die land se beste wyn en port ook by verskeie kelders geproe kan word tussen die vrugtepluk­kery by De Krans.

De Krans was ook een van Calitzdorp se kelders wat op 8 November ‘n Platter-vyfstergra­dering vir sy Cape Vintage Reserve 2017 portwyn ontvang het. Die graderings was toegeken vir die Platterwyn­gids van 2020. Die platter-wyngids deur Diners club is ‘n internasio­naal-erkende wyngids.

Om seker te maak daar jy kry ‘n plukplek en dalk ook ‘n sitplek vir uitspan, is dit raadsaam om vooraf te laat weet van ‘n besoek. Vir meer inligting skakel 044 213 3314. Vir meer inligting oor besienswaa­rdighede in en rondom Calitzdorp kontak Calitzdorp-toerisme by 044 213 3775

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Besoekers in die appelkoosb­oorde tydens verlede jaar se plukseisoe­n.
Foto: Hannes Visser Besoekers in die appelkoosb­oorde tydens verlede jaar se plukseisoe­n.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa