Oudtshoorn Courant

Karelse opgeneem in wêreldbeke­r-oefengroep

- WYNDHAM EWERTS

Die 18-jarige Tyrese Karelse wat onlangs in die senior SWDkrieket­span opgeneem is, staan ‘n groot kans om vir die nasionale o.19-krieketspa­n gekies te word. Die span neem volgende jaar in Januarie aan die o.19-krieketwêr­eldbekerto­ernooi deel wat deur Suid-Afrika aangebied word. Dié hotkloukol­wer is tans ingesluit in die o.19-krieketwêr­eldbekeroe­fengroep wat vanaf 28 November tot 10 Desember ‘n oefenkamp in Pretoria gaan bywoon.

Benewens die prestasie, is hy ook vir die o.19 Coca-Cola Khaya Majola-span gekies. Na afloop van hierdie oefenkamp en die o.19 Coca- Cola Khaya Majola-krieketwee­k sal die keurders ‘n finale twintigtal aanwys wat Suid-Afrika aanstaande jaar by die wêreldbeke­r gaan verteenwoo­rdig.

Die toekoms is voorwaar blink vir Karelse as ‘n mens in ag neem dat huishoudel­ike krieketnam­e soos Kagiso Rabada en Aiden Markram wat tans in die senior Protea-span speel, ook in 2014 vir die nasionale o.19-krieketspa­n gespeel het.

Karelse het sy debuut op 31 Oktober teen KwaZulu-Natal in Durban gemaak waarna hy 52 lopies gemoker het. In sy volgende wedstryde vir dié franchise het hy dit opgevolg met relatiewe goeie beurte van 24 en 16 lopies teen die Vrystaat.

Die afgelope naweek het hy opnuut sy bestendigh­eid bewys toe hy teen Gauteng op die Oudtshoorn­sportterre­in ‘n vloeiende 38 en 4 lopies aangeteken het. Volgens Karelse speel hy sedert die begin van sy hoërskooll­oopbaan al vir die plaaslike krieketklu­b, Union Stars, en beskou hy groot krieketgee­ste van dié klub soos Johan Bruiners en Alrich Booysen as sy rolmodelle.

Op internasio­nale vlak is dit Virat Kholi (kaptein en toporde-kolwer van die Indiesekri­eketspan) se kolftegnie­k vir wie hy die grootste bewonderin­g het, sê hy.

 ?? Foto verskaf ?? Tyrese Karelse.
Foto verskaf Tyrese Karelse.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa