Oudtshoorn Courant

Twee geboue in brand beskadig

- LIEZL VAN NIEKERK

“Besigheid gaan aan soos normaal en ons is regtig gelukkig dat niemand beseer is nie en al die geboue staande gebly het.”

So se dr. Deon Barnard na die brand wat verlede Donderdag by sy spreekkame­rs in Langenhove­nweg uitgebreek het. Die gebou waarin Max Auto geleë is, skuins oorkant die spreekkame­rs, het ook skade gely.

Volgens Barnard is hulle nog nie heeltemal seker wat die kostes van die skade beloop nie en wag hulle nog op die assessors vir die finale verslag.

Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant was die brandweer reeds op die toneel en het hulle gespook om die brande aan weerskante van Langenhove­nweg te blus en die geboue te red.

Dit blyk dat vonke van sweiswerke wat op die spreekkame­r se perseel gedoen is in die droë palmtakke beland het. Die takke het vlamgevat en die hoë palmbome voor die spreekkame­r was in vlamme gehul. Die wind het van die kooltjies opgewaai en die palmboom wat by Max Auto oorkant die spreekkame­rs is, het begin brand.

“Ons is vreeslik dankbaar vir Mornay Thysse en sy span van die brandweer. Toe ons daar staan en die vlamme dophou het ons gedink dis nou neusie verby met die gebou, maar te danke aan hulle vinnige reaksie en goeie werk is die skade minimaal. Ons gebou is in twee verdeel en bestaan uit die spreekkame­r en ‘n deel wat verhuur word. Dit is eintlik net die deel wat verhuur word wat skade gely het,” het Barnard gesê.

Die gebou waarin Max Auto geleë is het ook skade gely. Die buitemure, venster en deur het gebrand, maar gelukkig kon die brandweer die vuur betyds onder beheer bring en het die winkel nie binne gebrand nie.

Die tandarts se spreekkame­rs langs die spreekkame­rs van dr. Barnard se afdak is gedeelteli­k beskadig.

Niemand is beseer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa