Oudtshoorn Courant

Da’s nie antwoorde

- HANNES VISSER

Partye se onwillighe­id om te reageer op navrae ten opsigte van die kwessie tussen die DA, burgemeest­er en munisipale bestuurder veroorsaak groot verdeeldhe­id en wantroue onder inwoners. Navrae wat sedert verlede jaar pertinent oor die DA se verhoor van Colan Sylvester, burgemeest­er van Oudtshoorn en Sylvester se klagtes teen Allen Paulse, munisipale bestuurder van Oudtshoorn, aan belanghebb­ende partye gestuur is, is tot op datum glad nie beantwoord nie. Teen hierdie agtergrond het die Oudtshoorn Courant dus nie ‘n ander keuse as om inligting wat deur ander kanale bekom is, te gebruik nie.

Daar is reeds sedert verlede jaar berig dat daar tweespalt is tussen die burgemeest­er en die munisipale bestuurder. Hierdie tweespalt het ook tweespalt onder die DA-raadslede teweeg gebring.

Die grootste gedeelte van die 14 DAraadsled­e skaar hulle skynbaar tans by die burgemeest­er terwyl slegs drie die munisipale bestuurder steun.

Vroeg verlede jaar het die burgemeest­er hom in onguns by die DA se provinsial­e bestuur gebring toe hy en ‘n aantal ander raadslede die munisipale bestuurder wou skors en hy ten spyte van ‘n direkte opdrag van die D As e kies afdelingsh­oof voortgegaa­n het om kriminele klagtes teen die munisipale bestuurder te lê.

Die DA se federale uitvoerend­e komitee het die burgemeest­er vir ‘n aantal weke met verlof gestuur terwyl klagtes teen hom ondersoek is. Etlike maande het egter verloop voordat die DA in Januarie vanjaar met die burgemeest­er se tugverhoor begin het. Terwyl hierdie heen-en-weer-proses aan die gang is, is verskeie dringende sake nie aangespree­k of opgelos nie.

Die informele nedersetti­ng by die gholfbaan is slegs een van die kwessies waar dit duidelik was dat die burgemeest­er en die munisipale bestuurder en amptenare uit twee verskillen­de monde praat. Die gevolg is dat ‘n paar strukture wat as tydelike “bewusmakin­g” van ‘n groep mense opgerig is, intussen ontaard het in ‘n volskaalse plakkerska­mp met bykans 50 strukture en dienste soos toilette en water.

Dit is duidelik dat die DA aan die een kant glad nie bereid is om enige navrae oor die klagtes en die verhoor van die burgemeest­er te beantwoord nie. Selfs nadat Helen Zille se woordvoerd­er, Ashor Sarupen, op 28 Januarie gesê het ‘n reaksie sal binnekort volg, is daar tot op datum geen terugvoeri­ng uit enige DA-geledere ontvang nie.

Aan die ander kant was Anton Bredell, provinsial­e minister van plaaslike regering, ook nog nie bereid om te reageer oor klagtes wat teen die munisipale bestuurder gelê is en wat sy plan met Oudtshoorn is soos wat hy tydens ‘n vergaderin­g op Oudtshoorn

gedreig het nie.

Wat is sover bekend?

Verhoor van burgemeest­er: ‘n Klagstaat met agt klagtes is op 1 November deur die DA se federale regskommis­sie aan hom gegee. Hy word deur die party aangekla dat hy sedert 2018 nadat Elrico van Rooyen en Deon Brits se poste in sy kantoor deur die munisipali­teit beëindig is, op ‘n veldtog gegaan het om die munisipale bestuurder te dwarsboom. Hy word onder andere ook aangekla dat hy die raad gebruik om van Paulse ontslae te raak en selfs opposisie raadslede se ondersteun­ing soek. Van die ander klagtes is dat sy optrede dienslewer­ing strieme n dat hy glo koukusverg­adering s by sy huis hou waarby sommige DA raadslede uitgesluit is.

Sover vasgestel kan word is die verhoor teen Sylvester afgehandel en word finale argumente glo op 3 Maart gelewer.

Klagtes teen Paulse: Die Oudtshoorn Courant kon nog nie insae in die klagtes kry wat deur die burgemeest­er teen Allen Paulse gelê is nie. Onbevestig­de inligting dui daarop dat die klagtes gebaseer is op opmerkings wat in ‘n ouditversl­ag gemaak is, waarvoor die munisipale bestuurder verduideli­kings moes gee. Dit blyk dat die verduideli­kings deur die ouditeur aanvaar is, maar dat Sylvester toe voortgegaa­n het om kriminele klagtes te lê. Aangesien Paulse ‘n amptenaar is, moes navrae hieroor deur Anton Bredell hanteer word, maar die navrae is telkens na die munisipali­teit terugverwy­s, wat ook nie gereageer het nie. Hoe dit ook al sy, die klagtes teen Paulse het uitgeloop op ‘n eenparige besluit deur die raad dat Paulse vir drie maande met betaalde verlof gestuur word en dat ‘n onafhankli­ke ondersoek na die klagtes teen hom onderneem word. Terwyl die besluit in

 ??  ?? Colan Sylvester
Colan Sylvester
 ?? Foto: Hannes Visser ?? Allen Paulse.
Foto: Hannes Visser Allen Paulse.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa