Oudtshoorn Courant

Dalk asblik toe vir herwinning

- HANNES VISSER

Verskeie herwinning s inisiatiew­e in die dorp loop gevaar om tot 'n einde te komas' n plaaslike herwinning s aanleg dalk sy deure moet sluit. André Janse van Rensburg, eienaar van Retain Recycle Re-use het Maandag gesê die herwinning s bedryf in di eland i sonder geweldige druk.

"Een van ons groot lyne was byvoorbeel­d die herwinning van karton, maar die maatskappy wat karton aankoop om weer geriffelde karton te vervaardig se uitvoermar­k het geweldig gekrimp en daar is tans 'n ooraanbod vir die uitvoer- sowel as plaaslike mark.

“Dit beteken dat dit nie meer vir ons lonend is om soos in die verlede gratis by besighede aan te doen en al hulle karton op te laai nie."

Janse van Rensburg het op 22 Januarie 'n brief aan 'n aantal besighede gerig om hulle in te lig dat daar voortaan kostes verbonde sal wees indien herwinbare materiaal by besighede opgelaai word.

Volgens hom moes hy noodgedwon­ge die hele struktuur van die ondernemin­g herevaluee­r en herbeplan. "Dit is hartseer, maar ons kan dit eenvoudig nie meer bekostig om herwinbare materiaal oral te gaan oplaai nie en ek is besig om van my voertuie te verkoop."

Retain Recycle Re-use het tans slegs 17 permanente werkers teenoor meer as dertig twee jaar gelede. Die uitwerking van afname in aanvraag na herwinbare produkte strek egter veel wyer as slegs die ondernemin­g self. Daar is tans bykans 50 mense wat op 'n gereelde basis in strate deur swart sakke gaan om herwinbare materiaal uit te haal en op die stortingst­errein is daar bykans 100 mense wat hulle daaglikse brood verdien deur herwinbare materiaal te versamel wat op 'n gereelde basis deur Retain Recycle Re-use opgelaai word. Ook hierdie diens gaan waarskynli­k tot 'n einde kom sê Janse van Rensburg.

"Ek het reeds in 2017 gevaarligt­e gesien flikker, maar alle sakemense is mos positief en vertrou dat dinge beter sal gaan. Ek het egter die afgelope aantal maande groot verliese begin ly en as die mark nie daadwerkli­k verander nie, sal ek waarskynli­k nog net 'n paar maande aangaan voordat ek 'n finale besluit sal moet neem."

 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? Sien ’n video by www.oudtshoorn­courant.com
Bykans 100 mense is afhanklik van inkomste uit herwinning by die stortingst­errein. Die voertuie in die agtergrond behoort aan ‘n kerkgroep wat by geleenthei­d vir die mense kos gegee het. INLAS: Andre Janse van Rensburg buite sy kantoor van Oudtswhoor­n se enigste herwinning­saanleg waar bottels, plastiek en glas afgelewer kan word.
Foto’s: Hannes Visser Sien ’n video by www.oudtshoorn­courant.com Bykans 100 mense is afhanklik van inkomste uit herwinning by die stortingst­errein. Die voertuie in die agtergrond behoort aan ‘n kerkgroep wat by geleenthei­d vir die mense kos gegee het. INLAS: Andre Janse van Rensburg buite sy kantoor van Oudtswhoor­n se enigste herwinning­saanleg waar bottels, plastiek en glas afgelewer kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa