Oudtshoorn Courant

Billy en haar Japie-kat

- LIEZL VAN NIEKERK

Dit is nie net die mens wat moederlike instinkte het en die drang het om na babatjies om te sien nie. Dit was vir Corien Fouché en Werner Stoumann baie duidelik toe hulle Australies­e herdershon­d, Billy-Jean, 'n babakatjie aangeneem het.

Werner sê die katjie, wat intussen die naam Japie gekry het, is in 'n skuur op hul plaas gebore en hy het besluit om die kat huis toe te neem en vir die kinders te wys.

Japie, wat ongeveer drie weke oud is, het egter sommer dadelik 'n permanente huis gekry en is met groot liefde ontvang en met 'n bottel groot gemaak.

"Ons was aanvanklik skrikkerig vir Billy se reaksie omdat sy nog jonk is, maar dit is asof haar moederinst­ink net oorgeneem het. Vandat Japie huis toe gekom het is hulle twee onafskeidb­aar. Ons wou haar veearts toe neem omdat ons gedink het sy kan nie piepie en ontlas nie. Toe kom ons agter dat Billy Japie lek soos sy met haar eie babas sou gedoen het. Japie vorder so goed met Billy as mamma dat hy al die sandbak self gebruik. Ons is werklik verbaas oor haar reaksie omdat sy self nog nooit babas gehad het nie."

Billy is volgens Corien die perfekte mamma.

"Daar waar Billy gaan is Japie en andersom ook. Japie cuddle by Billy as hulle slaap en Billy bad haar ook. Japie sal by haar lê en soms sommer by haar tietie soek ook, maar Billy het nie melk nie en ek dink dis maar moeilik vir haar om die regte plekkie tussen al Billy se hare te kry."

Volgens Corien weet hulle nie hoekom Billy besluit het om die babakatjie aan te neem nie.

"Dit was 'n wilde katjie wat huis toe gekom het en Billy het haar net dadelik aanvaar. Dalk dink Billy omdat hulle kleure amper dieselfde is, is Japie hare. Wat dit ook mag wees dit is dierbaar om te beleef."

 ?? Foto’s verskaf ?? Billy glimlag breed as haar baba, Japie by haar slaap.
Foto’s verskaf Billy glimlag breed as haar baba, Japie by haar slaap.
 ??  ?? Japie maak seker hy weet Billy is naby genoeg.
Japie maak seker hy weet Billy is naby genoeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa