Oudtshoorn Courant

Fiësta vir reWOLusie

- HANNES VISSER

Toe Madeleine Miles en Ek is Oudtshoorn verlede jaar tydens die KKNK gedeeltes van die dorp gewolbom het, het hulle nie gedink dit gaan landwyd soveel reaksie uitlok nie. Nie net het Oudtshoorn se reWOLusie reeds verskeie kere in nasionale media verskyn nie, maar 'n glanstydsk­rif het onlangs Oudtshoorn toe gekom vir 'n artikel en 'n boek met 18 stories oor 'n aantal reWOLusion­êres sien ook eersdaags die lig. Die grootste verrassing was egter die aankondigi­ng dat reWOLusie met 'n Fiësta-toekenning bekroon is. Die Fiësta-paneel wat alle produksies by al die Afrikaanse feeste van die land beoordeel, ken elke jaar 'n Blou Fiësta toe aan 'n projek by 'n fees wat nie deur die kategorieë gedek word nie. Die reWOLusie-projek het loshande gewen as die projek vir uitsonderl­ike bydrae. Oudtshoorn was in gebreide en gehekelde kleur gehul tydens die KKNK 2019 en volgens Miles beloof hierdie jaar om nog beter te wees.

Die boek oor reWOLusie se hekel- en breivaardi­ges word tydens die KKNK bekendgest­el. As 'n bewys dat Oudtshoorn se reWOLusion­êres nie stilsit nie, het hulle Woensdag deur die loop van die dag by Miles se huis aangedoen om bolle en bolle wol wat deur die Oudtshoorn-besigheids­kamer gefinansie­r is, op te tel. Wat die Blou Fiësta aanbetref sê Miles dit is van onskatbare waarde vir die mense wat hulle vingers stomp hekel en brei. "Vir baie van die mense is reWOLusie baie meer as bloot hekel en brei. Dit is vir hulle 'n bydrae tot die gemeenskap en in sommige gevalle selfs terapie om met trauma in hulle eie lewens om te gaan.

“Die toekenning bevestig die waarde wat hulle tot die gemeenskap toevoeg."

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Die gelukbring­er van reWOLusie, Wille Wollemien die wolstruis, by ses van die reWOLusion­êres wat Woensdag wol gaan haal het vir hulle projekte om Oudtshoorn weereens tydens die KKNK te wolbom. Heel voor hou Leila Miles gesogte Blou Fiësta vas.
Foto: Hannes Visser Die gelukbring­er van reWOLusie, Wille Wollemien die wolstruis, by ses van die reWOLusion­êres wat Woensdag wol gaan haal het vir hulle projekte om Oudtshoorn weereens tydens die KKNK te wolbom. Heel voor hou Leila Miles gesogte Blou Fiësta vas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa