Oudtshoorn Courant

Prins Albert skool wil messteker skors

- MARLENE MALAN

Die Hoërskool Zwartberg in Prins Albert het nie plek vir messtekers en gewelddadi­ge leerders nie.

So het die beheerligg­aam van die skool verlede Donderdag op ’n vergaderin­g besluit ná ’n voorval twee weke gelede waarin ’n 18-jarige graad 9-leerder ’n 17-jarige skoolmaat, in graad 11, met ’n mes toegetakel het. “Die beheerligg­aam het beslis die aanvaller is geskors, tot dié aanbevelin­g tot uitsetting deur die Wes-Kaapse onderwysde­partement (WKOD) goedgekeur en die leerder permanent verwyder is,” het die skoolhoof, Ricky McKnight, by navraag gesê.

Bronagh Hammond, WKODwoordv­oerder, het Woensdagmi­ddag egter gesê nog geen aanbevelin­g is van die beheerligg­aam ontvang nie.

Dit volg nadat die slagoffer 14 dae gelede gedurende pouse vyf keer met die mes gesteek is – op sy rug, naby sy niere, en ook teen sy arms en op sy hande toe hy hom teen die aanvaller probeer verdedig het. Dit het ten aanskoue van talle ander leerders gebeur.

Die geskokte slagoffer het aan Oudtshoorn Courant gesê hy kan steeds nie glo wat tydens eerste pouse, ten aanskoue van skoolmaats, gebeur het nie. “Ek het dit nie gesoek nie. Ek het geloop en praat en per ongeluk teen hom vasgeloop. Toe pluk hy sommer ‘n mes uit.”

Dié koshuislee­rder van Leeu-Gamka is intussen uit die hospitaal ontslaan en terug skool toe. Hy voel verlig dat die vermeende oortreder nie meer op die skoolterre­in toegelaat word nie. “Ek het gehoor hy is geskors.”

Dis nog onduidelik hoe die oortreder die mes tot op die skoolterre­in ingesmokke­l het, omdat die skool – saam met die Prins Albertse polisie – leerders se tasse sowel as die leerders self gereeld, sonder waarskuwin­g vooraf, vir wapens en dwelms deursoek.

Die vermeende messteker is net ná die voorval in hegtenis geneem, maar ná assesserin­g deur die polisie in die sorg van sy ouers vrygelaat. Hy het verlede Woensdag in die plaaslike landdrosho­f verskyn. Sy volgende verskyning is op 4 Maart, het die staatsaank­laer, Marvon de Vos, by navraag gesê.

Inwoners van die woonbuurt Noordeinde in Prins Albert het intussen vergader om beswaar te maak teen dié seun se aggressiew­e gedrag en op sy skorsing uit die skool aangedring. Leerders het ook op die skool se Facebook-blad geëis dat hy nie weer op die skoolterre­in toegelaat word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa