Oudtshoorn Courant

Moordenaar uiteindeli­k na vier jaar gevonnis

- GARNETT WICOMB

Siphamandl­a Claassen (29) van Smartie Town op Oudtshoorn, wat van moord en verkragtin­g van sy meisie skuldig bevind is, is Maandag in die streekhof 30 jaar tronkstraf opgelê.

Claassen het die aand van 8 Oktober 2016 vir Juliana Lingerveld­t met ‘n klip teen die kop gekap, haar ontklee en verkrag.

Haar naakte liggaam is die volgende oggend deur ‘n verbygange­r naby die volstruiss­lagpale opgemerk.

Twee jong mans, wat die betrokke aand saam met Claassen en Lingerveld­t gekuier het, het getuig dat hulle gesien het hoedat Classen die vrou aanrand en verkrag.

Hy het in ‘n pleitverdu­ideliking erken dat hy Lingerveld­t een keer met ‘n klip teen die kop gekap het, maar nie bedoel het om haar dood te maak nie. Hy het ook ontken dat hy haar verkrag het.

Die staatsaank­laer, Corné Pretorius, het die hof vir lewenslang­e gevangenis­straf gevra vir een van die wreedste moorde en verkragtin­gs in die Oudtshoorn-distrik waarvan hy weet. Volgens hom het Claassen ‘n weerlose vrou wreed vermoor en verkrag. Hulle het ‘n tyd saam gewoon en sy het hom vertrou.

Claassen se regsvertee­nwoordiger, Eugene Roos, het die hof versoek om sy ouderdom en tydperk van aanhouding vir vonnisople­gging in ag te neem.

Streekland­dros Neels Nortjé het Claassen se weergawe van wat met die oorledene gebeur het verwerp en gesê dat hy aan twee ernstige misdrywe skuldig bevind is. Hy het ook geen berou getoon nie.

Claassen is 20 jaar vir moord en 10 jaar vir verkragtin­g opgelê met drie jaar van die vonnis vir verkragtin­g wat samelopend met die 20 jaar uitgedien kan word vir ‘n effektiewe vonnis van 27 jaar. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

 ??  ?? Juliana Lingerveld
Juliana Lingerveld

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa