Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn-munisipali­teit gee antwoorde oor gedenkstee­n

- LIEZL VAN NIEKERK

Bykans ‘n maand na die gedenkstee­n wat in Baron van Reedestraa­t deur die Oudtshoorn­munisipali­teit geskuif en in die proses beskadig is, het die munisipali­teit Woensdagmi­ddag laat aangedui dat die wiele oor die herstel van die steen aan die rol is.

Die gedenkstee­n is 30 jaar gelede op die middelmann­etjie in Baron van Reedestraa­t deur die munisipali­teit en bewaringsk­omitee opgerig toe daar besluit is om die straat te verbreed.

Die Oudtshoorn Courant het in Januarie berig dat die steen effe geskuif het na ‘n swaarvoert­uig dit vermoedeli­k gestamp het. Die munisipali­teit het daarna besluit om dit na ‘n veiliger plek te skuif.

‘n Gedeelte van die gedenkstee­n het losgekom en afgebreek toe munisipale werkers die steen met kettings opgehys het.

Volgens Hazel Jonker van Heritage Oudtshoorn Erfenis het die permitkomi­tee reeds ‘n vergaderin­g gehou waarvan die munisipali­teit deel was.

“Ons het aanbeveel dat die steen in die museum se tuin opgerig word. Dit is nou in die munisipali­teit se hande. Dit is egter kommerwekk­end dat die stukke wat afgebreek het, steeds op die middelmann­etjie lê. Daar is ‘n gevaar dat dit beskadig kan word en is ook ‘n gevaarrisk­o vir inwoners wat op die middelmann­etjie loop.”

Ntobeko Mangqwengq­we, woordvoerd­er van die Oudtshoorn­munisipali­teit, het Woensdag in ‘n verklaring gesê dat daar gesprekke is oor die heroprig van die gedenkstee­n by die museum en dat die steen tans veilig by die Oudtshoorn-brandweer staan waar dit sal bly tot daar besluite oor die heroprig en herstel gemaak is.

Volgens hom het deskundige­s in klipwerk ook aangedui dat hulle bereid is om te help met die herstel van die steen.

 ??  ??
 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk ?? Die stukke van die gedenkstee­n wat tydens die verskuiwin­g afgebreek het en steeds op die middelmann­etjie lê.
Die gedenkstee­n word deur die munisipali­teit verwyder.
Foto’s: Liezl van Niekerk Die stukke van die gedenkstee­n wat tydens die verskuiwin­g afgebreek het en steeds op die middelmann­etjie lê. Die gedenkstee­n word deur die munisipali­teit verwyder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa