Oudtshoorn Courant

Modelskool wil verskil maak

- LIEZL VAN NIEKERK

‘n Nuwe modelskool,

Top Models Oudtshoorn, is onlangs deur Rodney Gelant gestig, maar dit is nie ‘n tipiese modelskool nie.

Volgens Gelant is sy visie vir vanjaar om die mooi in elke vrou uit te bring.

“Alle vroue is mooi. Sy moet net haar eie skoonheid ontdek en dit is waar dié modelskool gaan help.”

Volgens hom fokus Top Models Oudtshoorn nie net op die uiterlike nie, maar ook die innerlike skoonheid van elke vrou.

“Ek wil vroue leer om meer selfvertro­ue te hê en om hul persoonlik­hede te ontwikkel. Ek wil hulle leer dat jy nie plankdun en voorblad-mooi hoef te wees nie.

Daar is ‘n span deskundige­s wat met die meisies en vroue gaan praat oor ondermeer hoe om jou hare en vel te versorg, selfrespek en hoe om beter oor jouself te voel.”

Gelant sê die modelskool is nie ‘n besigheid nie en belangstel­lendes van die Oudtshoorn-streek kan verniet by hom aansluit.

“Ek sit al 10 jaar met die idee en na die onlangse Mej. Heelal het ek besluit dat dit nou tyd is om te begin. Zozibini Tunzi was my inspirasie toe sy op die verhoog klim en sê sy wil hê dat vroue meer moet wees as wat die samelewing hulle gemerk het om te wees. Ek wil die vroue help en leer hoe om dit te doen.” Volgens hom gaan hulle op ‘n gereelde basis fondsinsam­elings doen om die basiese uitgawes van die modelskool te dek en ook om vir die gemeenskap die ontwikkeli­ng en transforma­sie van die vroue en meisies waarmee hy werk, te wys.

“Ons werk met enige vroue tussen die ouderdomme van 5 tot 30. Jy hoef ook nie in ‘n size 0 in te pas nie.”

Belangstel­lendes kan Gelant by 079 617 8511 kontak.

 ?? Foto’s verskaf ?? Blitsbrein, die juniorspan wat tot by die semifinaal deurgedrin­g het is, van links: Francois Moolman, Lara-Mia Goncalves en Marlisha Murray.
Impromptu, Gimmies se senior debatspan is, van links: Jarika Kritzinger, Minette Greeff en Megan Taljaard.
Foto’s verskaf Blitsbrein, die juniorspan wat tot by die semifinaal deurgedrin­g het is, van links: Francois Moolman, Lara-Mia Goncalves en Marlisha Murray. Impromptu, Gimmies se senior debatspan is, van links: Jarika Kritzinger, Minette Greeff en Megan Taljaard.
 ?? Foto: Jo-ann Swanepoel ?? Vyf van Rodney Gelant se modelle het die afgelope naweek toekenning­s by Mej. Sky ontvang. Voor, van links: Nicole Booysen (tweede prinses), Cherelle Joubert (Mej. Sky) en Elana Schoeman (eerste prinses). Agter: Mohicha Booysen (Mej. Fotogenies), Rodney Gelant en Delmarie Witbooi (Mej. Persoonlik­heid).
Foto: Jo-ann Swanepoel Vyf van Rodney Gelant se modelle het die afgelope naweek toekenning­s by Mej. Sky ontvang. Voor, van links: Nicole Booysen (tweede prinses), Cherelle Joubert (Mej. Sky) en Elana Schoeman (eerste prinses). Agter: Mohicha Booysen (Mej. Fotogenies), Rodney Gelant en Delmarie Witbooi (Mej. Persoonlik­heid).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa