Oudtshoorn Courant

Visser nuwe SA o.23-fietsrykam­pioen

- WYNDHAM EWERTS

Lou is Visser van die Oudtshoorn fietsry klub het verlede Sondag Oudtshoorn se naam hooggehou toe hy die o .23 SA pad fietsry kampioensk­appe b yS wadi n i Forever-oord in Mpumalanga met 'n splitsekon­de gewen het. In dié wedren het hy in die kleure van TEG procycling meegeding.

Dié wedren was oor 175km beslis en die sowat 100 fietsryers moes eers 5 km vanuit Swadini met hul fietse ry voordat hulle die vyf rondtes om 'n 33 km-lange sirkelroet­e aangepak het.

Tydens 'n telefonies­e onderhoud met die Oudtshoorn Courant het Visser gesê dat hy aanvanklik nie gedink het hy sal triomfeer nie omdat die gaping tussen hom en die wegbreekgr­oep-fietsryers met sowat 40 km oor, te groot was. "Ek het toe vir hierdie rede strategies besluit dat ek vir die laaste 10 km gaan wag voordat ek voluit na die eindstreep gaan sprint. Hierdie taktiek het my fietsrysty­l soos 'n handskoen gepas en agt minute voor die einde het ek besef dat ek so wrintiewaa­r 'n realisties­e kans het om te wen. Om eerlik te wees is ek baie verlig dat my tydsbereke­kening perfek was."

Visser het ook genoem dat hy vir die afgelope drie jaar lank reeds voorberei het om dié SA-titel op te raap. Beserings en faktore buite sy beheer in hierdie tydperk het egter sy aspirasies gekniehalt­er om nasionaal te seëvier, maar vanjaar het alles netjies in plek geval.

"My sege vroeër vanjaar by die die Wes Kaapse pad fietsry kampioensk­appe het my selfvertro­ue 'n groot hupstoot gegee en ek het toe reeds geweet dat dié ontwykende SA-titel binne my bereik is. Ek kan nie wag om later vanjaar my land in Europa te verteenwoo­rdig nie"

 ?? Foto verskaf ?? Louis Visser.
Foto verskaf Louis Visser.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa