Oudtshoorn Courant

Union Stars klop Harlequins

- WYNDHAM EWERTS

Union Stars se A-span het Saterdag by die Bridgton-sportgrond­e vir Harlequins­magte in 'n SWD Premierlig­a wedstryd met 6 paaltjies afgeransel. Harlequins het die loot gewen en besluit om eerste te kolf waarna hulle slegs 82 lopies in die 36ste boulbeurt almal uit kon aanteken. Vir die weermagspa­n kon slegs Tshepo Kekane met sy 24 lopies 'n noemenswaa­rdige bydrae maak.

Dillon Nuys (4/20) en Reagon Rhode (3/9) het die beste met die bal vir Stars gevaar. Veral Rhode se boulsyfers is uitsonderl­ik as 'n mens in ag neem dat hy slegs 9 lopies afgestaan het in die 10 boulbeurte wat hy afgestuur het waarvan vyf boonop leeg was.

Union Stars het die tellings in hul kolfbeurt in die 20ste boulbeurt verbygeste­ek met vir die verlies van vier paaltjies.. Nuys (30*) en Pieter Stuurman (24) was die uitblinker­s met die kolf. Nuys was ook met sy veelsydige vertoning welverdien­d as man van die wedstryd aangewys.

Union Stars wen dus met 6 paaltjies. Dié span het ook die volgende dag (Sondag) met Ramblers klaargespe­el en hulle met 50 lopies geklop. Union Stars het 175 lopies almal op die telbord geplaas. Vir die tuispan het Everino Swartz 51 lopies aangeteken. Rhode (3/22) en Nuys (2/11) se akkurate boulwerk het wéér 'n groot rol gespeel om Ramblers tot 'n eindtellin­g van 125 lopies te beperk.

Met hierdie oorwinning­s het Union Stars sy voorsprong op die algehele punteleer na 54 punte gerek. George-krieketspa­n is in die tweede plek met 41 punte. Stars se laaste ligawedstr­yd is Saterdag (more) om 10:00 op die Bridgton-sportterre­in teen Ramblers. Leroi Bredenkamp, kaptein van Union Stars, het sy spelers aangemoedi­g om hul wen-momentum te behou sodat sy span die uitspeelwe­dsryde wat daarna volg met selfvertro­ue kan aanpak.

 ??  ?? Tshepo Kekane, van Harlequins, met sy 24 lopies het die beste met die kolf gevaar.
Tshepo Kekane, van Harlequins, met sy 24 lopies het die beste met die kolf gevaar.
 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Union Stars se Reagon Rhode het met sy draaiballe die kolwers van Harlequins dronk gedraai en drie paaltjies vir slegs nege lopies laat kantel.
Foto’s: Wyndham Ewerts Union Stars se Reagon Rhode het met sy draaiballe die kolwers van Harlequins dronk gedraai en drie paaltjies vir slegs nege lopies laat kantel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa