Oudtshoorn Courant

Virus van verarming

- HANNES VISSER

“Of die inperking opgehef word of nie, ek sal nie voor Oktober weer kan oopmaak nie en toerisme soos ons dit ken gaan nooit weer dieselfde wees nie.” Dit was hierdie week die woorde van een van Oudtshoorn se bekende persone in die toerismebe­dryf.

Nog 'n bekende sakeman het gesê die drie besighede waarby hy betrokke is mag wel tydens inperking oop wees, maar dat hulle omset so gedaal het dat dit skaars hulle kostes dek. "Al drie ons besighede het maar ongeveer 35% van ons normale omset, maar ons moet steeds huur, salarisse en dienste betaal. Ons moet onthou dat baie besigheids­eienaars reeds as gevolg van die droogte en krimpende ekonomie, hulle reserwes opgebruik het en nou niks het om op te steun terwyl hulle gesluit is nie."

Die eienaar van 'n slaghuis beaam dit en sê alhoewel hulle oop is, is hulle omset só laag dat hulle verliese ly. "Maar ons yskaste moet loop en ons werknemers moet betaal word, so ons druk deur."

Selfs vulstasies is doodstil en sommige se brandstofv­erkope het met tot 80% gedaal omdat niemand mag rondry nie.

"Ek het spaargeld wat ek nou gebruik om te oorleef, maar as die inperking verleng word, is ek onderdeur, ek sal eenvoudig nie kan aangaan nie," het een sakeman met twee sakeondern­emings op die dorp gesê.

Die koronaviru­s is 'n tweesnyden­de swaard. Aan die een kant vereis dit dat mense moet tuis bly sodat die virus nie versprei nie, maar aan die ander kant veroorsaak die afsonderin­g algehele verarming van mense wat van dag tot dag afhanklik is van lone.

In gesprekke met sakelui is dit duidelik dat die ekonomiese uitwerking van Covid-19 katastrofi­ese afmetings kan aanneem. Een sakeman het gesê hy het die afgelope ruk met ongeveer 60 eienaars van klein en medium besighede gepraat en volgens hom het skaars 10% aangedui dat hulle na die inperkings­tyd sonder groot probleme kan voortgaan. "Dit is skrikwekke­nd as mens na die groter prentjie begin kyk. As mens kyk na hoeveel werksgelee­nthede verloor word en hoeveel mense sit letterlik sonder kos by die huis."

Daar is gereeld plasings op sosiale media van mense wat hulp vra, mense wat aandui dat hulle geen inkomste het nie en daar was reeds verskeie plasings van mense wat kennis gekry het omdat hulle nie huur kan betaal nie.

Vir baie ondernemin­gs blyk die inperking die laaste spyker in die doodskis te wees. Soos wat een persoon dit gestel het; "Ons het deur die droogte geworstel, ons het aangepas en planne gemaak, want die KKNK was darem op pad. Toe sink daardie skip en ons penarie word groter en ons was nog besig om nuwe planne te maak toe kom die inperking, en ons het eenvoudig nie meer reserwes oor nie."

Maar, daar is ook 'n keersy van die munt, een van innovering en herbesinni­ng. In 'n gesprek met 'n mediese praktisyn het hy gesê die huidige situasie gaan mense wêreldwyd laat herbesin oor hoe ons lewe. "Ek dink dit gaan dalk nog slegter raak voordat dit beter raak, maar in die proses gaan ons nuwe gewoontes en gesonder praktyke aanleer. Ons gaan weer moet kyk na hoe ons hier beland het en dit regstel."

 ?? Foto: Hannes Visser ?? ‘n Gedeelte van Voortrekke­rweg wat gewoonlik baie besig is, is met die inperking verlate. Selfs vulstasies se omset het skrikwekke­nd gedaal.
Foto: Hannes Visser ‘n Gedeelte van Voortrekke­rweg wat gewoonlik baie besig is, is met die inperking verlate. Selfs vulstasies se omset het skrikwekke­nd gedaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa