Oudtshoorn Courant

Nóú is die tyd vir boeke

- MARLENE MALAN

Skielik, in dié inperkings­tyd, is apokalipti­ese leesstof in aanvraag: Boeke oor isolasie, eindtye en peste en plae wat die mensdom bedreig.

Jy soek verniet na Dean Koontz se Eyes of Darkness of Sylvia Browne se End of Days. Dis oral

(op internet) uitverkoop, nuut en tweedehand­s. Jy stof dus jou Die plaag deur Albert Camus of Die muur van die pes deur André P. Brink af. Deon Meyer se Koors (Fever) lyk nie meer so vergesog en surrealist­ies nie, ook nie Horrelpoot (Trencherma­n) deur Eben Venter nie. Op Facebook moedig leesgroepl­ede mekaar aan om weer Giovanni Boccaccio se The Decameron oor die Middeleeus­e Swart Dood nader te trek. Nostradamu­s se voorspelli­ngs word uitgepluis – so ook boeke oor Siener van Rensburg en Johanna Brandt se visioene.

Boekwinkel­s is toe, posbesteld­ienste staan stil en tydskrifte mag nie verkoop word nie. Daar is twee opsies: Jy fynkam jou eie boekrak of koop e-boeke, laasgenoem­de ’n verskynsel waaraan die meeste boekliefhe­bbers nooit juis vatplek gekry het nie. Die skrywer Alta Cloete, roep op Facebook uit: “Red ’n skrywer – koop ’n e-boek! Ons papierboek­e lê ingeperk in pakstore en boekwinkel­s.”

Die spanningsr­omanskrywe­r Chris Karsten wat in George woon, sê lees is in elk geval ’n ding wat hy daagliks doen, “maar dis asof ek alle boeke in dié inperkings­tyd met groter aandag lees. Leer die potensiële blootstell­ing aan ‘n virus my om elke woord, sin en paragraaf met groter toewyding te beproef en waardeer? Boeklesers voel nooit afgesonder nie. Hulle ontmoet interessan­te mense en wonderlike plekke, word ingetrek in diep intriges. Almal wat ingehok voel, behoort dié kans te gebruik om hul verbeeldin­g vrye teuels te gee tussen die bladsye van lekker boek.”

Die digter en vertaler Daniël Hugo van Prins Albert sê dit val hom op hoe dikwels mense nou op sosiale media oor hul goeie leesgewoon­tes praat. “Dis ’n ontvlugtin­g uit jou isolasie. Mense daag mekaar uit om te sê wát en hoeveel hulle lees. Hulle soek aanbevelin­gs by mekaar. Skielik beleef die e-boek ’n oplewing omdat niemand toegang tot boekwinkel­s en biblioteke het nie. Mense lees graag die sogenaamde apokalipti­ese boeke, maar ook ikoniese boeke wat hulle jare laas gelees het – Henno Martin se Vlug in die Namib of die uitdagende romans van Etienne Leroux.” Lapa/Penguin RandomHous­e het ’n sakegeleen­theid in dié pandemiety­d gesien en pas die publikasie van vyf nuwe e-boeke aangekondi­g. Twee van hulle is Virus-proof Your Small Business: 50 ways to survive the Covid-19 crisis deur Douglas Kruger; en Afterland deur Lauren Beukes (fiksie oor ’n wêreld waarin 99,9% mans in ’n pandemie sterf).

Moenie dink boekbekend­stellings is iets van die verlede nie: Afterland, byvoorbeel­d, word vandeeswee­k virtueel bekendgest­el – nóg ’n nuwigheid om boeke en lees lewendig te hou. Jy kan al dié geleenthed­e gratis bywoon.

Die skrywer van die spanningsr­oman Zola, Johan Jack Smith, vertel daar is so dertig digbundels in sy badkamer, “die ideale tyd vir lees!” Hy en sy vrou het ’n roetine gevestig om saans voor slaaptyd vir hul peuter te lees. “Sy woordeskat het aansienlik verbeter. Maar ek is besig met my meestersgr­aad; dus word al my tyd nou hieraan bestee. “Boeke is ’n uitlaatkle­p uit die werklikhei­d – en is soveel méér nou nodig. Baie mense is vasgevang in ’n gedwonge roetine. Wat is deesdae beter as om te ontsnap na die wonderwêre­ld van boeke?”

 ?? Foto: Marlene Malan ?? Daniël Hugo se hond, Emily Dickinson, bekyk ‘n boekrak in dié digter/vertaler se studeerkam­er asof sy hom wil bystaan met die keuse van ‘n boek.
Foto: Marlene Malan Daniël Hugo se hond, Emily Dickinson, bekyk ‘n boekrak in dié digter/vertaler se studeerkam­er asof sy hom wil bystaan met die keuse van ‘n boek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa