Oudtshoorn Courant

Diere word ook deur inperking geraak

- LIEZL VAN NIEKERK

Die grendelsta­tus wat weens die Covid 19pandemie ingestel is het reuse-implikasie­s vir diere en diereliefd­adigheidso­rganisasie­s in die omgewing.

Volgens Colleen Smith van Oudtshoorn Dogs in Need en Vanessa Engelbrech­t van Animal Care Team SA het geweld teenoor diere drasties toegeneem sedert die begin van die algehele inperkings.

Volgens Smith het hulle veral aan die begin van die inperkings baie te doen gehad met diere wat met skerp voorwerpe aangerand is en Engelbrech­t sê hulle het selfs 'n kat gehad wat met warm kookolie gegooi is.

"Ons personeel is almal in lockdown wat beteken dat die personeel wat by Tantivvity in George werk tans nie by hulle familie is nie, maar by die skut. Ons kan ook nie ons gereelde uitreike doen nie, maar probeer om gevalle te hanteer soos mense ons bel. Ons het ook geen vrywillige­rs wat kan kom help by die skut nie," sê Smith.

Smith sê hulle kon wel daarin slaag dat 'n groot klomp honde en katte tydelike huisvestin­g kon kry.

"Wat goeie nuus is, is die feit dat baie van die diere uiteindeli­k aangeneem is omdat die voogouers lief geraak het vir hulle."

Engelbrech­t sê die ander groot probleem is die feit dat die massasteri­lisasies nie kan gebeur nie.

"Ons probeer so gereeld moontlik diere sterilisee­r, maar weens die inperking is die staatsveea­rts gesluit en kan ons dit nie doen. Dit beteken dat baie van die honde en katte wat op die lys was nou kleintjies gaan hê. Baie mense sukkel reeds om die diere wat hulle het te voed en na hulle om te sien en as daar kleintjies is vererger die probleem."

Weens die inperkings is die geldinsame­lingsproje­kte wat die onderskeie organisasi­es sou hou ook gekanselle­er en sukkel hulle met skenkings soos kos vir honde en katte, katbaksand en komberse.

"Ons het steeds die gemeenskap se hulp nodig om ons dienste te verrig."

Vir meer inligting skakel Lee-Ann van Sittert (Cat Hotel) by 083 334 0172, Smith (Oudtshoorn Dogs in Need) by 072 084 1374 of Engelbrech­t by 082 927 7276.

 ?? Foto verskaf ?? Die babakat wat met warm kookolie verbrand is sterk tans by Lee-Ann van Sittert aan.
Foto verskaf Die babakat wat met warm kookolie verbrand is sterk tans by Lee-Ann van Sittert aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa