Oudtshoorn Courant

Moenie op Facebook rondfop nie

- HANNES VISSER

Fop jou hier en fop jou daar en siedaar, jy beland dalk in die hof. Dat mense twee keer moet dink voordat hulle onbevestig­de inligting oor Covid-19 op sosiale media of per WhatsApp deel het hierdie week duidelik geword toe strafregte­like prosesse teen ten minste twee fopnuusver­spreiders ingestel is.

Die man van Kaapstad wat owerhede landwyd die harnas ingejaag het met sy video waarin hy aanvoer dat Covidtoets­stelle met die virus besmet is, is Maandag in hegtenis geneem nadat klagtes teen hom gelê is. Hy het Dinsdag in die hof verskyn en moet weer in Julie voorkom. Alan Winde, Wes-Kaapse premier, het Sondagaand nadat die video deur die Oudtshoorn Courant aan hom gestuur is, bevestig dat hy reeds van die video bewus is en dat 'n saak reeds by die polisie aanhangig gemaak is.

'n Mens hoef egter nie 'n video landwyd te versprei om met die gereg te bots nie. Selfs met 'n eenmalige plasing oor Covid-syfers wat vals is, kan jy jou in 'n ondersoekd­ossier infop.

Die polisie op Oudtshoorn ondersoek tans 'n klag nadat plasings op die Facebookbl­ad, Pacaltsdor­pers Staan Saam, geplaas is waarin beweer is dat 'n Covid-19pasiënt van Oudtshoorn in die Mediclinic George oorlede is. Die enigste pasiënt van Oudtshoorn wat vir Covid-19 in die hoësorg-eenheid van Mediclinic George opgeneem is, was egter besig om te stabilisee­r. Die plasing wat deur Elton Plaatjies van Kaapstad gemaak is, is deur Joseph Fortuin op die Facebook-groep gedeel. Daar was ook op die groep, LSS Community Care 'n plasing van Stamhoof Brendon Torob Adams dat die eerste Covid-19 sterfte in die Suid-Kaap aangemeld is. Die Oudtshoorn Courant het vir Adams en Fortuin boodskappe gestuur om hulle in te lig dat die Oudtshoorn-pasiënt beslis nie dood is nie en dat die Wes-Kaapse regering geen kennis dra van 'n Covid-sterfte in die Suid-Kaap nie. Die Oudtshoorn Courant het Maandag bevestig dat 'n dossier geopen is in ooreenstem­ming met die regulasies wat op 25 Maart in die staatskoer­ant gepublisee­r is onder die rampbestuu­rswet 57/2002. Volgens die regulasies is dit onwettig om enige vals nuus ten opsigte van Covid-19 te versprei.

Volgens inligting kan selfs mense wat onnadenken­d vals inligting op sosiale media of enige ander platform deel, ook vervolg word.

Dit is onduidelik waar die fopnuus oor die "sterfte" vandaan gekom het, maar dit is moontlik dat 'n plasing deur 'n begrafniso­ndernemer oor die eerste verassing van 'n Covid-geval by die Georgekrem­atorium daartoe aanleiding gegee het. Daar kon intussen ook nie bevestig word of die verassing waarna verwys was wel 'n Covid-geval was nie.

Intussen het die DA se skaduminis­ter vir gesondheid, Siviwe Gwarube, Dinsdag tydens 'n direkte uitsending op Facebook gesê dat fopnuus nie net gevaarlik is nie, maar dat dit ook noodsaakli­ke hulpbronne vermors. Elke stukkie inligting, sê sy, moet iewers deur iemand bevestig word voordat dit paniek of verwarring veroorsaak.

Sy het ook gesê dat dit mense soos die gesondheid­swerkers wat tans besig is om mense in woonbuurte te besoek, in gevaar kan stel.

John Steenhuise­n, leier van die DA, het tydens dieselfde uitsending 'n dringende beroep op mense gedoen om geen inligting aan te stuur of te deel as die bron en die egtheid daarvan nie bevestig is nie. "Die veiligste is om eerder nie inligting te deel nie, daar is erkende kanale waardeur inligting aan mense deurgegee word."

 ?? Foto: Facebook ?? ‘n Skermgreep van die video van Stephen Donald Birch wat hom in die hof laat beland het.
Foto: Facebook ‘n Skermgreep van die video van Stephen Donald Birch wat hom in die hof laat beland het.
 ??  ?? Twee van die Facebook-plasings waaroor die Oudtshoorn Courant navraag gedoen het wat verkeerdel­ik na ‘n Covid-sterfte verwys het.
Twee van die Facebook-plasings waaroor die Oudtshoorn Courant navraag gedoen het wat verkeerdel­ik na ‘n Covid-sterfte verwys het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa